
COVENANT BELIEVERS
Christianity & Judaism
Daar is ‘n wêreldwye verwarring oor Christen tradisies, Joodse tradisies en wat werklik die waarheid in Yahweh se Woord is. Ons spring nie van die een religion oor na die ander religion hier nie. Een oggend as ons wakker word is ons nie ewe skielik ‘n Jood en volg hulle rituele nie. REGSTELLING: Die Joodse volk, was die volk wat Yahweh in die begin gekies het om sy opdragte en reëls voor deur te gee sodat hulle dit kan nakom, ‘n voorbeeld te wees vir ander nasies om set-apart en heilige te lewe, om te oorleef en die ewigheid saam met Hom te kan beerwe. Maar selfs hulle het mens ingestelde reëls ingebring wat Rabbis voorgeskryf het wat nie Biblical was en steeds is nie. Dit noem ons Judaism of selfs Kabbalah. Dis verdraaide waarhede, mensingestelde agendas en vleeslike rituele wat niks te doen het met Yahweh se oorspronklike opdragte en Woord nie, wat die Hebrews ingebring het met geslagte heen. Daarom moet ons baie versigtig wees om nie van een vals religion uit te skuif binne die volgende een in nie.
Dit is waar die verwarring inkom. As ek praat van “Yahweh” en “Yahshua” (om mee te begin) dan dink mense, watse Joodse name is die nou? As ek praat oor Yahweh se feeste, dan vra mense, van wanneer af is jy nou ‘n Jood? As ek sê ek en my huis hou Shabbat op Saterdae, dan kyk mense ons skeef aan en wonder wat is dit nou met ons en al die Joodse goed? Maar dit is alles behalwe “Joodse goed”, dit is goed wat Abba vir ons in Sy Woord deurgegee het en die Joodse volk was die enigste volk met wie Hy ‘n verbond aangegaan het, en hulle is die enigste volk ter wêreld wat dit probeer uitleef het. En as ons Vader se Waarheid in Sy Woord begin uitleef, dan word ons beskryf as iemand wat probeer Joods wees.
Dieselfde Bybel wat jy in jou hand het, het die Jode ook. (Behalwe die Nuwe Testament wat die Ortodokse Jode nie aanvaar nie). As jy die regte vertaling Bybel in jou hand het, dan is dit dieselfde een wat die Jode in hulle hande het. Met ander woorde die Bybel wat jy vashou is nie ‘n Joodse boek nie. Dit is nie ‘n boek wat geskryf is net vir die Jode nie. Dit gaan wel baie OOR die Jode, hulle geslagregisters, geskiedenis, hulle konings, priesters en historiese lewens. Dit bly die Woord van Yahweh, vir alle nasies wat dit wil lees en nakom. Dit is ‘n Lewendige Boek, want Yahweh se Woord is Lewendig. En as jy daardie Lewende Woord in jou hand hou, is dit Yahweh se Woord, die God wat jy gekies het om te dien, net soos die Jode Hom gekies het om te dien. Dieselfde Woord wat hulle in hulle hande hou is die een wat ons in ons hande het.
Die woord “Torah” laat baie mense se wenkbroue lig. Maar dit is net die Hebrew naam vir die eerste 5 boeke in dieselfde Bybel wat jy het. Ons kan nie die eerste 5 boeke net uitskeur en besluit dit is net vir die Jode en is nie op ons van toepassing nie? As jy jou Bybel se voorblad ombuig dat hy raak aan die agterblad, vorm dit ‘n sirkel – ‘n eenheid – net soos ons lees in Genesis 1 hoe Yahweh alles nuut gemaak het, lees ons in Openbaring 22 (die laaste hoofstuk in die Bybel) hoe Hy weer alles gaan nuut maak. Alles vorm ‘n eenheid want Yahweh verander nooit – dit wat Hy sê sal Hy nooit terug gaan op sy woord mee nie.
ONTHOU: Die Ou Testament is oorspronklik geskrywe in Ancient Paleo Hebrew, en die Nuwe Testament was nie oorspronklik geskryf in Grieks nie (soos baie dink nie) maar dit is geskryf in Aramaic. Die taal wat die “huistaal” was in die tyd toe Yahshua vlees was onder die Jode was Aramaic. Dit is eers later oorvertaal in Grieks. Die rooi Hebraic Root Bible waaruit ek uit werk, is die oorspronklike Hebrew en Aramaic manuscripts wat vertaal is in Engels. En dit is ook ‘n heenwyse van ‘n Bybelse profesie “that all things will be restored in the last days”. Ons gaan terug keer na die oorspronklike vertaling van Yahweh se Woord sodat ons die diepte daarvan kan besef en kan ervaar hoe Lewendig hierdie Woord van Hom werklik is.
Dit is belangrik om te weet toe Yahshua vlees was op aarde, het Hy in ‘n Aramaic terme dinge vertel sodat hulle kon verstaan wat Hy probeer deurgee. En deur die eeue is die vertalings so verdraai en vals oorvertaal dat die ware diepte van die Aramaic taal verlore gegaan het. Want dit is wat die Bybel, saam met Heilige Gees, sy ryk diep betekenis gee.
DIE LEWENDIGE OLYFBOOM
Ons is ingeent in die Olyfboom (Rom 11:24) – die Olyfboom verteenwoordig Yahshua. Met ander woorde, as ons ingeent is in Hom, maak dit ons deel van alles wat Hy is. Nie net hier ‘n bietjie en daar ‘n bietjie nie. As jy ingeent is in iets, beteken dit daardie plant waarin jy geent is, se wortels is jou wortels, sy vrugte is jou vrugte, sy krag is jou krag en sy lewe is jou lewe – jy staan nie eenkant as ‘n aparte plant nie. Jy kan nie jou eie wortels hê en dink jy gaan oorleef solank jy net naby die Olyfboom staan nie. Jy kan nie jou eie vrugte hê en hoop dit lyk en proe dieselfde as die Olyfboom wat so entejie van jou af staan nie? As jy ingeent is, is jy ingeent, there is no turning back, tensy Yahweh jou uitkap. (Rom 11:22)
So wat is die storie nou hier? Is dit nou Christianity of is dit nou Judaism? Nie een van die twee nie! Ons is Covenant Believers. Ek is nie ‘n volger van Judaism nie, ek is ook nie ‘n volger van Christianity nie, ek is ‘n Covenant Believer wat Yahshua volg en Yahweh se Woord uitleef. Want as ek ingeent is in die Olyfboom, staan ek onder dieselfde Covenant wat Yahweh met Sy Volk gemaak het. Dit maak nie van my ‘n Jood nie, dit maak van my ‘n erfgenaam van die Almagtige Elohim, Yahweh ons Vader – die enigste Lewende, Skepper God. Ek is Sy dogter, ek is nie meer ‘n weeskind van die wêreld wat deur Christianity en Jadaism gemanupileer word nie.
ONE NEW MAN
“For He is our peace, who has made both one (echad) and has broken down the wall of SEPARATION between them, in His flesh He has caused to cease the enmity due to the (man-made) laws in regulations that He might in Himself create the two in ONE NEW MAN making peace, and he reconciled both in one body to Elhoim and destroyed the enmity through the crucifixion.” Ephesians 2:14-16 Hier lees ons in hierdie pragtige Woord dat Yahshua deur Sy kruisdood vir my en jou toegang gegee het om by Hom ingeent te word en is die “Biblical Covenant” wat Yahweh met Sy Volk gehad het, nie net meer op hulle van toepassing nie, maar nou ook vir ons beskikbaar is. Dit maak van ons dan Covenant Believers en staan ons in dieselfde Verbondsverhouding wat Yahweh met Sy Volk gehad het. The Separation wall is broken through Yahshua. The Gentile and the Jew are reconciled both in one Tree, the Living Olive Tree. Met ander woorde, as ons ingeent is in die Olyfboom kan ons nie ons eie tradisie en reëls volg nie, ons kan nie die “man-made” Joodse tradisies en reëls volg nie – ons Wortels is Yahshua se Wortels en is ons IN HOM. Dus doen ons wat Hy doen, ons maak soos HY maak, ons praat soos HY praat en ons vier feeste soos HY vier en ons kom die ordinge en wette van Yahweh na, soos Hy dit nagekom het. Dit is wat jou ‘n Covenant Believer maak. Jy is ‘n navolger, ‘n imitator of Yahshua: “
“Then become imitators of Elohim, as beloved children, and walk in love even as Messiah also loved us and gave Himself for us, an offering and a sacrifice to YAHWEH for an odor of a sweet smell.” Ephesians 5:1-2 Wow! Het jy gelees wat gebeur as jy ‘n “imitator” is van Yahshua? Jy is dan soos ‘n lewendige offer wat ‘n aangename soet reuk voor Yahweh is. En daar kom ons by die slotsom van alles, want waaroor gaan alles dan? Alles gaan om Yahweh te aanbid, deur Yahshua, en Hom te eer en as ‘n lewendige offer voor Hom te kan staan wat vir Hom ‘n aangename soet reuk sal wees.
Shalom mede Covenant Believer
Mattaniah



2 Comments
Riette Griffin
Shalom. Waar bekom mens leeringe van jou asb.
Mattaniah Lochner
Baie dankie vir jou boodskap Riette. Jy kan my enige tyd kontak op 0795344388 of epos na info@mattaniahministries.co.za vir meer inligting oor my kursusse by Mattaniah Ministries Bible College. Shalom. Mattaniah