
YADA PRAYER JOURNEY DAY 8
Opgestel vir 16.07.2025
Tema : Chet, Immanu’el, die EEN wat jou by volle koninklike waardigheid wil bring
Ek wil julle groet soos geliefde Sha’ul (Paulus) vandag.
_”Guns en vrede van Elohiem ons Vader en die Meester, Yahusha ons Messias!”_
Ek vertrou jy het besef watse nuttige stuk gereedskap die “zayien” is, en dat jy hom daagliks sal benut sodat jou hart, huis, lewende hawe, boorde en lande onder die SkepperKoning se Hand kan begin floreer… Hierdie reis is nogal intens, maar… tog so bevredigend… Ek ervaar eerstehands hoe Vader deur Sy Gees goed na die oppervlak bring vir ons om mee te deel, met HOM aan ons sy. Verder, glo ek jy dat jy sal saamstem… dat niks ons staande sal kan hou in die dae van verdrukking wat kom, behalwe jou intieme verhouding met jou Metgesel nie,
NIE jou kopkennis,
jou eie vermoëns,
godsdienstige tradisies,
rykdom,
ander persone, of
enige iets waarop jy dalk mag staatmaak nie…
NET intimiteit (yada) met ABBA YaH… Kyk hoe mooi sluit hierdie aan by gister se tema asook by die GHIMEL & HEY

Isa 30: 20-24 (a) And though YaHUaH gives you the bread of adversity and the water of affliction,
yet your Teacher will not hide Himself any more, but your eyes will constantly behold your Teacher.
And your ears will hear a word behind you, saying,
*”This is the Way; walk in it,*
when you turn to the right hand and
when you turn to the left.”
Then you will defile your carved images overlaid with silver and your molten images plated with gold; you will cast them away as a filthy bloodstained cloth, and you will say to them, Be gone!
Then will HE give you rain for the seed with which you sow the soil,
and bread grain from the produce of the ground, and it will be rich and plentiful. In that day your cattle will feed in large pastures….

*Gedagtes rondom die letter Chet* (“gêt” in afrikaans) – verteenwoordig ‘n _tent muur, heining, skeiding_ en
kommunikeer dus gedagtes van _afsondering, verdeling, grense, binnekamer, privaat, verdeel, beskerm, buite kant_…. en die waarde van CHET is dan ook AGT. Hierdie getal word o a geassosieer met ‘n nuwe begin, maar ook met
Yahusha se titel, *Immanu’el* (wat ‘n gewig van 8 het, teks Jes 8: 8

),
die *Naam YaHUaH* (die gewig) , asook met
die *besnydenis* (Gen 17: 12).

Jes 43: 18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
19 Kyk, *Ek gaan iets nuuts maak*; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja,
Ek maak ‘n PAD in die woestyn, riviere in die wildernis.
Wanneer ons na Ps 139, tesame met Eseg 16 se eerste paar verse en Jer 1: 5, kyk… merk ons dat ons Verhewe Vader ons reeds gekies en afgesonder (chet) het, vanaf konsepsie en HY roep ons dus voortdurend terug en nader aan HOM. Ons sien dat HY ons op ‘n geheime plek, in privaatheid aanmekaar geweef het vir Sy doeleindes… Sit bietjie stil & bedink HOE intiem KEN HY jou, geliefde!

Jer 1: 5 Before I formed you in the womb
I knew [and] approved of you
[as My chosen instrument], and
before you were born
I separated and set you apart (chet), consecrating you; [and]
I appointed you as a prophet to the nations.
Dan, dink ek weer aan die weeskind identiteit wat ons “buite kant” wil hou, terwyl Vader YaHUaH begeer om jou tot in Sy binnekamers te bring & jou te vestig – deur ‘n “nuwe begin” – as ware kind van die EEN wat jou geskape het. ‘n Sluier kan ook oor ons oë en harte lê wat ons verblind vir die WAARHEID…
rondom onsself en ons roeping
rondom die Woord…
rondom wie YaHUaH eintlik is!
Kom ons bid dat dit gelig sal word, en begin deur vergifnis te vra by die waskom vir alle weerstandigheid…
Geliefde geloofsFAMILIE, bring dit nie soveel gerustheid om te weet dat daar altyd HOOP en ‘n OOR BEGIN… by ons Barmhartige EL is nie!? Kom ons hef ons hande op en prys Sy Soete NAAM!

Wat leer ons *Vader se Tabernakel* hier rondom? Die “miskan” getuig saam en verkondig oor & oor

Lev 20: 26 En julle moet vir My afgesonder wees,
want Ek, YaHUaH, is afgesonder; en
Ek het julle van die volke afgesonder om Myne te wees.
(asook 1 Pet 1: 16)
Die wonderbare Bloudruk van VADER se Tabernakel IS die padkaart na meer en meer afsondering tot by die wenpaal & die behaal van DIE Hoogste Prys, nl bruidskap. Daarom die bewoordig, Afgesonderde deel (heilige) en Mees Afgesonderde deel (AllerHeiligste),
Die hebreese woord vir bruid, “kalah”… se wortelwoord beteken
_volledig, volmaak, om volmaak te maak_, m a w dit is AL hoe ek en jy daarby sal kan uitkom, is deur voortdurende groei…
Die ander kant van die spreekwoordlike munt is dat ‘n man volledig word wanneer hy met sy bruid (Sy ander helfde

) trou… en hulle EEN word.
Terug na ons opGROEI proses, die Ewige Padkaart in die Tabernakel leer: ons moet ontwikkel van
geestelike baba, na kind, na volwasse seun en tot Koning
Getransformeer word van ’n
dienskneg, na ’n priester, na ‘n bruid… totdat ons ‘n
dienende, priesterlike bruid is,
gepas vir
Die Dienskneg, Hoë Priester, Bruidegom Yahusha

Jes 64: 8 Maar nou, YaHUaH, U is ons Vader; ons is die klei, en
U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van U hand.
Ons meubelstuk is nog ‘n VerbondsOntmoetingsPunt, versteek…, agter mure van vel, akasia hout & goud… en hierdie goue altaar se afmetings is
1 x 1 x 2 el.
Die *wierook altaar* is ook ‘n baie groot en diep onderwerp, maar wat ek wel kan uitlig is, dat bg afmetings, 2 vennote verteenwoordig wat HEELhartig en EENdragtig saam stap, en dit is
HIER waar ons as menslike vennoot, uitbars in spontane aanbidding, lofprysing en intersessie…
en waar ons begin dans om ons Broer & Hoë Priester… DAN gaan daar die lieflikste geur vanaf jou rein hart na Sy Troonkamer. Geliefde, die benodigde suiwering & afsondering sal net geskied deur hierdie

gees tot Gees,

hart tot Hart,

van jou diepste wese tot Sy Diepste Wese.. konneksie & verhouding.
Wanneer ek na die CHET en die Altaar van Reukwerk kyk… is bo-oor dit geskryf…
…totale oorgawe,
…toegewydheid en fokus,
…brandende liefde,
Want YaHUaH, die EL met ons, is ons voortdurende nuwe begin! Wees JY net die klei in die Pottebakker se Hand

Col 3: 10 And have clothed yourselves with the new [spiritual self],
which is [ever in the process of being] renewed and remolded
into [fuller and more perfect knowledge upon] knowledge
after the image (the likeness) of Him Who created it.

*Afgesonderde Lewende Brood* –
Eks 30: 1-9,
Eks 34: 6&7,
Ps 42: 7 (“deep calls to deep”),
Ps 139: 1-18,
Klaag 5: 21,
Isa 5: 2,
Eseg 16: 1-14,
Luk 1: 8-11,
Rom 6: 19,
Rom 12: 1&2,
2 Kor 4: 14-18,
2 Kor 7: 1,
Efe 4: 20-24,
Heb 8: 8-10 saam Jer 31: 31-32,
NB – Heb 12: 14,
Open 8: 3&4

*GebedsGesprek* – Kom ons dank ABBA dat Hy aan ons geleer het, dat ons tuine, heinings om moet hê, wat SY wette & instruksies verteenwoordig… mure waarbinne ons veilig is! Kom ons prys HOM vir ‘n persoonlike nuwe begin, maar dat Hy ook wêreldwyd iets nuut & vars sal doen! Laat ons bepeins dat afsondering & toegewydheid NIE isolasie is nie, want dan kan Hy jou nie gebruik nie. Ons moet voortdurend afgesonder word, m a w uitgeken word as
_“Jy behoort aan YaHUaH”_
in gees, siel, menswees, karakter, in die fisiese, leefwyse, voorkoms… ens. Praat met jou HemelVader daaroor en vra wat vir HOM nie welbehaaglik is in jou lewe nie …. Mag ons gedurig oorgee aan Hom, en nie in eie prestasie & gedrewenheid oorgaan nie! Onthou alles gebeur vanuit ‘n plek van RUS en intimiteit… Kom ons raadpleeg YaHUaH om deur Sy Gees en Woord aan jou te openbaar waar jy nie gesonde grense trek vir jouself… en in jou huis nie… Laastens, prys Hom vir alles waarvoor jy Hom waardeer en laat wierook vanaf jou hart verrys…
Dan sien ons almal met reikhalsende verlange uit na die finale, epiese NUWE BEGIN

Open 21: 5 En HY wat op die Troon sit, het gesê:
Kyk, Ek maak alles nuut.
En Hy het gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
6 En Hy het vir my gesê:
*Dit is volbring!*
Ek is die Alef en die Tav,
die begin en die einde.
Aan die dorstige sal Ek gee uit die Fontein van die water van die lewe, verniet.
7 Hy wat oorwin, sal al hierdie dinge beërwe; en
Ek sal vir hom ‘n Elohiem wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Kom ons besing net weer ons Asemrowende EL Elyon (Allerhoogste)

Eks 15: 11 o YaHUaH,
wie is soos U onder die magtiges?
Wie is soos U, voortreflik in afgesonderdheid,
gedug in roemryke dade,
Een wat wonders doen?
HaleluYAH

Geliefde, skud jou vere reg vir ‘n vars, nuwe begin!
Yedayah

