YADA PRAYER JOURNEY DAY 7

Opgestel vir 15.07.2025
Tema : Zayien, Jou Voorsiener, YaHUaH Tsevaot is met jou!

SHALOM… mag die Prins van vrede jou seën met shalom v BO.
Mede-stappers… Hoe voel jou “rugsak”? Word hy ligter of word hy swaarder…?
Is jy bewus van jou Herder & Vriend aan jou sy?
Hoe lyk hierdie afgesonderde pad?  💭Hoe sal ons dit beskryf
Eensaam, lewensveranderend, intens, smal, styl, afgesonderd… en ek dink die natuurskoon daar rondom en die uitkyk punte – is asemrowend…
📖Jes 35: 8 En daar sal ‘n Grootpad wees en ‘n Weg wat die
Afgesonderde Weg
genoem sal word;
geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir hulle sal dit wees; wie díe Weg bewandel –
selfs die dwase sal nie dwaal nie.

Ek vertrou almal is goed geJUK met Yahusha, en  dat HY besig is om aan jou te openbaar waarvan jy als moet loskom!  Hierdie is werklik ‘n ernstige saak, soos gedeel in die “Dag 6 – stemboodskap”.  Laat ons YaHUaH opnuut prys dat HY ons sal verlos en uitred kragtens SY belofte… maar weereens moet ons KIES.  Kom ons aanskou ons Verlosser…
📖 Isaiah 61: 1 The Spirit of YaHUaH Elohim is upon Me,
because YaHUaH has anointed and qualified Me
to preach the Gospel of good tidings
to the meek, the poor, and afflicted;
He has sent Me to bind up and heal the brokenhearted,
to proclaim liberty to the [physical and spiritual] captives and
the opening of the prison and
of the eyes to those who are bound! ✨

💭 *Ons word vandag uit die alfabet, toegerus met ‘n ZAYIEN* vir die pad vorentoe – die simbool hiervoor is ‘n _meer-doelige landbou instrument_ (“mattock”) wat gebruik kan word vir _werk op die lande asook as ‘n wapen en dikweks in bouwerk_… met die wortel betekenis, van _voedsaam & onderhoudend_  Sommige bronne sê dit verteenwoordig ‘n _swaard_.  Die eersgenoemde spreek diep tot my, veral wanneer ons in ag neem dat hierdie letter se waarde SEWE is!  Afleidend uit die simbool is die diepere betekenis _ploeg, wapen, beskerm, afsny of oes, voedsel en voed_.
Wat lees ons aan die begin van ons LiefdesVerhaal?
📖Gen 2: 15  Toe het YaHUaH Elohiem die mens geneem en
hom in die tuin van Eden gestel om dit te BEWERK en te BEWAAK.

Ons is geskep uit die grond van die aarde, met die gevolg dat ons baie “lappies” grond het om te bewerk en oor te waak…
jou eie hartstuin…
jou huisgesin…
die koninkryksvelde daar buite. 
Wanneer ons terugdink… weet ons wie is die ALEF wat ons beskerm aan alle kante, en ‘n Heining daar gestel het deur Sy Torah, waarbinne ons met gerustheid kan boer… en ons ‘n Landbouer SkepperVader (beith) wat ons volledig ondersteun in die proses… So stap ons elke dag saam ons Vriend deur die tuine, asook op al die paaie (ghimel) waar ons lewens ons ookal neem, en is daar tye en geleenthede waar ons deur daai Antieke Deure (dalet) kan stap vir berading, strategie, deel van vreugdes en verbondsgesprekke… tydens al hierdie intieme tye verdiep mens se bewondering & aanbidding (Hey), en word ons ook op die regte tyd, mede-arbeiders in die Koninkryk van Lig. En ‘n arbeider moet toegerus word met ‘n zayien! 😁

Saam met YaHUaH Tsevaot moet ons met tye die vyand wat oor die muur klim… en weerstaan en verdryf!

Kom ons gesels eerste oor die WAPEN. Dit het ons NET nodig teen ons vyande… en dit is kommerwekkend om te sien hoeveel gelowiges mekaar aanval met die Swaard v d Gees, dit is die Woord… Dit is juis hoekom die zayien meer as een doel het… want ons moet vir mekaar sorg, saam werk en VIR MEKAAR veg, as VERBONDSfamilie. 
Geestelike oorlogvoering kan baie intens wees wanneer mens jou letterlik in ‘n oorlog situasie bevind, waar jy net VASSTAAN langs YaHUaH vd Leerskares en wèét HY veg vir jou!  Luister fyn na Sy inspraak en veg met WoordGebed & verklarings…  Andersins moet ons net weet, binne Sy grense is dit veilig… waar toepassing van die Waarheid jou voortdurend sal vry maak en kan jy net die vyand teëstaan… en hy SAL vlug. 
📖 Deut 28: 7  YaHUaH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word;
op een pad sal hulle teen jou uittrek en
op sewe paaie voor jou uit vlug.

📖Jak 4: 7 Onderwerp julle dan aan Elohiem;
weerstaan die duiwel, en
hy sal van julle wegvlug.
_(Let op wat jy eerste moet doen)_

📖 Eks 23: 22  Maar as jy terdeë na Sy stem luister en alles doen wat EK sal sê,
sal EK die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

Geliefdes, dan moet ons ons hartsTUINE, siele & huisgesinne versorg!  Manne is as “zagar” geroep om hul gesinne se gees, siel & liggame te voed, asook te beskerm.  Daaroor kan baie gesê word, maar behels…  omwerk van harde grond, verwydering van klippe, plant v d saad v d Woord, uitroei v dorings & distels, oes en huis toe bring, sodat die moeder v d huis dit kan verwerk vir die gesin. 
Maar prys YaHUaH… die man v d huis is die broodwinner en ons SkepperElohiem, is die Voorsiener!  Die zagar (man) v d huis kan rus in die Deut 28-seëninge wat Sy VerbondsVennoot sal voorsien, waarmee hy lojaal wandel…

Benut jy jou “zayien”, vra jou Metgesel?
Versorg jy jou gees, siel en liggaam soos jou SkepperVader graag sal wil hê?
Ek weet ek is ‘n regte oudste kind, “pliggie” en is geneig om my eie siel en liggaam af te skeep! Kom ons bid oor die regstelling daarvan… Doen gereeld iets wat vir jou siel, soos balsem is…

Hoe lyk die manne, as vaders, se verantwoordelikheid om te beskerm…?  Vir seker om betrokke te wees in elke kind se lewe…  Gereeld te hoor wat in hul harte aangaan. En huisreëls in te stel, in die beeld van jou HemelVader en wat JY dan moet toesien dat dit konsekwent nagekom word.  Die aanslae daar buite op
ons huwelike,
gesinseenhede en
kinders is fel, en
ons MOET ons posisie (hey) inneem in YaHUaH se weermag en wakker wees!
📖 1 Thes 5:  6  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
 7  Want die wat slaap, slaap in die nag; en
die wat dronk word, is in die nag dronk.
 8  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die verlossing.

⛺️ Stap saam met my, na *Vader se Tabernakel* met jou zayien & sien hoe kom als weer so perfek bymekaar. Ons het voor die Hemelse Kandelaar gestaan, met ‘n oop hart en ophehefde hande… Ons het aangemeld met ‘n “Hineni”, soos Samuel… en weet die Afgesonderde Gees is ook deur Yahusha met ons gejuk, om die lande om te ploeg.  Met die oorvloed vanaf die koringlande wat nog drup van die vettigheid, vanweë ABBA se besoek daaraan… bring ons die saad… die koringkorrels… en word dit in YaHUaH se HUIS verwerk & voorberei om BROOD voor Sy Aangesig te kan voorsit…
vir Sy VerbondsFamilie… en
met die zayien nog in ons hand, hoor ek Dawied sê
📖 Ps 23  5  U berei Die Tafel voor my aangesig
teenoor my teëstanders;
U maak my hoof vet met olie;
my beker loop oor.

Geliefde daar is te veel om te sê oor hierdie _Brood uit die Hemele_… maar ek sal na die tyd die skakels na my YouTube episodes rondom die tabernakel deel. In konteks van ons studie, is dit om jou Vader se vele Aangesigte te soek & ontdek met die hulp van Yahusha, jou Hoë Priester en SY Gees… om voortdurend te soek na die GROOT Self Onderhoudende Almagtige,
*EK IS*
EK IS jou Vader
EK IS jou Verlosser van Ouds
EK IS jou Metgesel
EK IS YaHUaH Tsevaot
EK IS AlleenEienaar v d hemel en die aarde
EK IS ‘n Verterende Vuur
EK IS Die Voorsiener
EK IS Die Een wat Genees
EK IS Die Soewereine Koning
En so sal ons kan aangaan tot in ewigheid!! HaleluYAH. 

En net JY kan Sy baie Aangesigte begin soek tussen die blaaie van jou Woord, en jouself oopmaak, om Sy talle karakter eienskappe en Gesigte, in jou lewe,
eerstehands te ervaar. 
Soos die Amplified Classic sê, _“Be grounded in your own personal experience”_
📖 Job 42: I had heard of You [only] by the hearing of the ear,
but now my [spiritual] eye sees You.

📖 *Breek Lewende Brood* –
Gen 3: 17,
Eks 3: 3-6 saam met v 13-15,
Deut 28: 1-14,
Ps 34: 8,
Ps 65: 9-13,
Spr 12: 10-11,
Spr 28: 19,
Jes 5: 1-7,
Jes 32: 15-20 ,
Jes 51: 3,
Hos 10: 12&13,
Mat 13: 3-23 selfs tot v43,
Joh 8: 31-32,
Efe 6: 10-18,
Heb 4: 12-16

👥 *GebedsGesprek* – Stap stadig verby die altaar, wees bewus van die onskatbare waarde daarvan in jou lewe, kyk in die waskom na die refleksie van jouself in die water… bely jou tekortkominge… kyk vir daardie klippe en onkruid in jou hartstuin,  en laat toe dat Yahusha jou deeglik was..  Nóú kan jy met ‘n nuwe verwagting die Groot EK IS se “Onthaal saal” betree en jou plek inneem aan Sy Tafel, open jou Skrif… eet, smaak & sien dat HY net goed is!  Vra jou Vader en Wonderbare Raadsman om jou te onderrig in hoe om jou zayien tot volle potensiaal te benut en watter aanpassings daarvoor nodig is in jou lewe? Laat Hy as die Krygsman jou vaardig maak met die Swaard en seën met ‘n vreeslose hart, soos Kaleb. Verlustig jou aan hierdie _BROOD van alle brode_ en Koninklike Kos in die Teenwoordigheid van die Gewer van elke goeie gawe…
Selah… sit in verwondering… woordeloos… rus… haal diep asem… ✨

Ek wil afsluit deur te noem dat daar verskillende manière is om die Woord te “eet” en baie hulpmiddels daarbuite.  Ons moet net besef dat eie stiltetyd, intersessie en Woord studie verskillende goed is, en almal is belangrik… maar ons tyd met Vader moet daagliks gepriotiseer word.  Moet nie net kopkennis bymekaar maak nie, maar laat toe dat elke saad in diep grond in jou hart val.
Luister aandag na die Een langs jou
📖 Mat 13: 23  En by wie op die goeie grond gesaai is – dit is hy wat die Woord hoor en verstaan,
wat dan ook vrug dra en oplewer:
die een honderd, _(bruid)_
die ander sestig-, _(priester)_
die ander dertigvoudig._(bruid)_

Afhangend v jou mede-werking kán die zayien ‘n groot transformasie te weeg bring, en mag ons bruidskap behaal… en verVOLMAAK word (waarde 7), want dit is waarvoor Yahusha betaal het met Sy sterwe. 

Ek vertrou dat die wildernis areas in ons lewens spoedig gaan ontluik in die Tuin van Eden!
Innige liefde
Yedayah

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *