YADA PRAYER JOURNEY DAY 6

Opgestel vir 14.07.2025
Titel – Vav,  Die SIELSGENOOT van alle sielsgenote

Goeie dag almal.  Ek glo ons geestelike sintuie is gespits, en almal het aan ons ABBA gesê : _”Hineni  (Hier is ek)”_ Hierdie was ‘n groet of aanmelding by ‘n verbondsvennoot wanneer mens benodig is, vir watter doel ookal. Lees saam met my van die jong profeet Samuel
📖1 Samuel 3
1 En die seun Shemuél het YaHUaH gedien voor Eli, en die Woord van YaHUaH was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.
 2  In daardie tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap – sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie –
 3  toe die lamp van Elohiem nog nie doodgegaan het nie, en *Shemuél lê en slaap in die tempel van YaHUaH waar die ARK van Elohiem was*,
 4  het YaHUaH na Shemuél geroep; en hy het geantwoord: “Hier is ek”
 5  Daarna loop hy na Eli en sê: “Hier is ek”, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê.
 6  Verder het YaHUaH Shemuél weer geroep, en Shemuél het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: “Hier is ek”, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
 7  Maar *Shemuél het YaHUaH nog nie geken (yada) nie; ook was die Woord van YaHUaH nog nie aan hom geopenbaar nie.*

Wat merk ons hier op, behalwe dat ons Vader, Samuel op sy naam geroep het (Jes 43: 1) en dat die jong seun gereageer het met ‘n gewillige “Hineni”…?  Samuel het voor die ARK in die tempel geslaap… wat YaHUaH se Troon en Teenwoordigheid verteenwoordig… en tog lees ons dat jonge Samuel YaHUaH nog nie geken (yada) het nie, en dat Yahusha (Die Woord van YaHUaH) nog nie aan hom geopenbaar is nie…. 

💭Sien julle raak dat mens kan wéét van YaHUaH… vir Sy doeleindes geroep  kan wees… en deel van die gemeenskap v d gelowiges kan wees… SONDER om Hom te ken en sonder dat die Woord van YaHUaH aan jou geopenbaar is… 
Mag jy duidelik in jou hart hoor hoe HY jou op jou naam roep!  Sê net “Hier is ek”
(Sien ook Jer 1: 4&5)

Ons het oor die DRUMPEL vd Huis van YaHUaH beweeg IN Yahusha, ons Messias… en bevind ons tans op afgesonderde grond.  Mag jy dit so beleef geliefde!  Ons geesmens neem fyn waar… en ons bly soekend na die Outeur van die Lewende Woord, se Aangesig!

💭 *My gedagtes rondom die letter VAV* – word voorgestel deur ‘n *tentpen, hak of spyker,* en die waarde van die hebreeuse letter is SES, wat ons weet die MENS verteenwoordig, wat in Genesis 1 op dag 6 geskape is.  Die hebreeuse gedagte agter die letter is om _vas te maak, by mekaar te voeg, te verbind en “en”_
Ons as mense kinders het ‘n ingeskape behoefte *om homself aan iemand TE VERBIND…!*  Ons lees…
📖 18 Now YaHUaH Elohim said,
It is NOT good (sufficient, satisfactory) that the man should be alone;
I will make him a helper (suitable, adapted, complementary) for him.

📖 Genesis 2:24 Therefore a man shall leave his father and his mother and
*shall become united and cleave* to his wife,
and they shall become one flesh.

Wanneer ons enige seksuele gemeenskap het, of
trou of
met diep vriendskappe & verhoudinge, soos tussen gesinslede…
vorm daar in die gees *sielsBANDE*.  Sterk sielsbande lei ook dikwels tot die sluit van verbonde…

‘n Voorbeeld v gemeenskap tussen ‘n man en ‘n vrou, waar so band gevorm het
📖 Gen 34: 1  En Dinah, die dogter van Leáh, wat sy vir Yaákov verwek het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
2  Toe Shigem, die seun van Gamor, die Gewiet, die heerser van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
3  En *sy siel het verkleef geraak aan Dinah*, die dogter van Yaákov; en
hy het die dogter liefgehad en
na die hart van die dogter gepraat.

‘n Voorbeeld tussen vriende wat ‘n hart tot hart band gehad het
📖 1 Sam 18 3 *Toe sluit Jonatan met Dawied ‘n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel*
 4  Daarby trek Yahunatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawied; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.

Daar is ook ‘n inherente behoefte by mense om iemand hoër as homself te aanbid en homself aan ‘n god of magtige TE VERBIND.  Dink net aan al die gelowe oor die eeue heen en veral in ons huidige wêreld!

📖Deut 4: 19  …dat jy ook jou oë nie na die hemel oprig, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie – dinge wat YaHUaH jou Elohiem aan al die volke onder al die hemele uitgedeel het.

📖Num 25: 3  So het Yiesraél *hom dan gekoppel (vav) aan Baál-Peór*, en die toorn van YaHUaH het teen Yiesraél ontvlam.

Wanneer ons die gedeelte in Deuteronomium, in konteks bekyk _(‘n groot sleutel v Skrif studie)_, sien ons dat die mens, in sy gevalle toestand, dikwels ‘n beeld wil skep van hierdie magtige om voor neer te kan buig.  Hierdie kan, soos met die goue kalf insident, ook ‘n beeld of prentjie wees wat ons vir onsself vorm van YaHUaH deur ons eie doktrines… en idees rondom Hom… Bedink dit…

Laat ons VANDAG kies wie ons wil dien… 🙌 Onthou julle Jesaja 56
📖 Jes 56: 3 (a) Let not the *foreigner who has joined himself to YaHUaH* say, YaHUaH will surely separate me from His people….

Die Goeie Nuus is dus dat ons kan KIES aan WIE en WAT ons onsself wil koppel/ verbind! Ons kan ook vorige of ongewensde sielsbande verbreek, want ALMAL waaraan jy verbind is, het ‘n invloed op jou meswees!   Waarby ek wil uitkom rakende ons verhouding met ABBA, is dat net soos met mense, vorm ons ‘n sielsband met Vader & Yahusha, wanneer ons ons emosies & hartsake met HOM deel… en dit sal sterkter word soos wat ons nader aan HOM groei in ons saam wandel… Hoor Dawied se getuienis
📖 Ps 63: 8 (9) My siel is aan U verkleef*;
U Regterhand ondersteun my.

Hierdie woordjie vir verKLEEF* in hebreeus is _dabaq_, en beteken o a GOM… en julle sal onthou, dat _b’riet_ (verbond) se gewig 1 is,
want mens word dan ‘n EENheid… in hierdie proses.  Nou verstaan mens ook Geliefde Yahusha se gebed vir ons, beter…
📖Joh 17:  20  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo –
 21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U;
dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
 22  En Ek het hulle die grootheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
 23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

💭Hoe kom hierdie EENheid tot stand? Deur een v hart, en siel met Yahusha te word in hierdie band… en in Verbond met YaHUaH te wandel…

Aan wie is jy verBIND?
Watter sielsbande moet jy breek in die Naam van Yahusha?  Wanneer ons stukkende mense is, en voordat ons tot bekering kom, vorm mens slegte sielsbande met ander gebrokenes en gevangenes… want hulle trek mekaar aan soos “magnete”! 
Hierdie *losmaak proses* van verkeerde persone en goed is uiters belangrik!
Sien julle hoe belangrik dit is om soos koning Dawied, in ‘n intieme verbondsverhouding met Yahusha _(die Woord van YaHUaH)_ en die Vader te wees, en jaloers daaroor te waak!  ABBA YaHUaH wil met ons, van ‘n jong geestelike ouderdom ‘n sielsband vorm en jou vertroetel as Sy kind… en HY was ook betrokke in jou aardse kinder bestaan, al was jy totaal onbewus daarvan.  Hoor hierdie soet woorde…
📖 Hosea 11: 3-4 Yet *I taught Ephraim to walk, taking them by their arms or*
*taking them up in My arms*,
but they did not know that I healed them.
*I drew them with cords of a man, with bands of love*, and
I was to them as one who lifts up and eases the yoke over their cheeks, and
*I bent down to them and gently laid food before them.*

📖Jeremiah 31: 20 *Is Ephraim My dear son? Is he a darling child and beloved?*
For as often as I speak against him, *I do [earnestly] remember him still. Therefore My affection is stirred and My heart yearns for him*;
_I will surely have mercy, pity, and loving-kindness for him_, says YaHUaH

Sy liefde en lojaliteit is voorwaar volmaak! ✨

⛺️ *Vader se Tabernakel*… Ons staan nogsteeds in verwondering… en die openbaringe & insigte vloei in ons menswees in!  ALLES vat weereens so mooi hande in vandag se studie. 
Onthou julle wat beteken *LeVI*? Diegene wat YaHUaH as erfporsie ontvang het en uit wie die priesters voortgekom het? Ja, *“om verbind en verkleef te wees”*. NA die sonde en wegval v d volk, met die aanbidding vd goue kalf, het die Leviete hul lojaal en heelhartig aan YaHUaH verBIND. 
🕎Ons meubelstuk waarop ons vandag gaan fokus is die *Goue Kandelaar*, in hebreeus _Minorah_.  Hierdie LIG in die _Tent van alle tente_ verteenwoordig die volheid van ons Almagtige Elohiem se Afgesonderde Gees… wat saam met die Woord in ons lewens werk, om die taak wat YaHUaH begin het, in ons te voltooi.  Dit is deur Sy volledige Gees se werking wat die GAWES tussen ons kan vloei en waardeur ons oorvloedige verbondsVRUG kan dra!

Wat mooi vir my is, in konteks van ons tema, is die wortel woord van menorah
🔍 H4500 – juk , _veral met die doel om te ploeg!_
Ons moet gejuk wees met die ALEF!  Net SAAM ons HemelVader, Yahusha en Sy Gees kan ons harde harte omgeploeg word, en kan ons bruikbaar wees op Sy KoninkryksLande. 
Geliefde, draai jou rug op al die hedendaagse afgode, op godsdiens en op die wêreld… en kniel vir Sy sagte juk… omhels die Een wat in ‘n verhouding saam met JOU wil wees… maak nie saak van jou ouderdom nie.
📖Heb 8: 11 En hulle sal nie meer elkeen sy mede-landgenoot en elkeen sy broer leer en sê:
“Ken (yada) YaHUaH nie; want
*almal sal My ken, klein en groot onder hulle.”*

🍞 *Breek Lewende Brood* –
Deut 4: 15-120,
1 Sam 20: 3&4,
2 Kon 17: 41,
Ps 1,
Spr 18: 24
Pred 4: 8-12,
Jes 11: 2,
Jes 40: 11,
Jes 50: 4-6,
Jes 56: 1-7,
Jer 3: 1-3, 
Joh 12: 32&33,
2 Kor  6: 14-18

Net ‘n laaste gedagte..  Ons Almagtige Elohiem, se Naam het ook ‘n VAV in… en julle weet nou dat elke letter ‘n prentjie verteenwoordig en saam in een woord, skilder hulle iets… Die NAAM waarmee Vader vir ewig onthou wil word, word gespel
*Yod Hey Vav Hey* – in hebreeus van regs na links geskryf
Wat sien ons…
_The HAND Behold the NAIL behold_…
Selah

👥 *GebedsGesprek* – Kniel voor die Een wat Sy deurboorde Hand opnuut na jou uitsteek!  Ek dink na so ‘n sessie, is mens se woorde maar min en jou hart oorvol.  Ek het eendag gelees : _“YaHUaH doesn’t need you… but HE wants you to Himself”_.  Vra vir jou Liefdevolle Vader om jou stywer aan Hom vas te maak en jou te help om van alle ander BINDings los te kom, selfs van die wat onmoontlik lyk. Mag dit vandag op jou hart geskryf word, dat YaHUaH jaloers lief is vir JOU…. dank Hom daarvoor… glo dit en verklaar ook jou liefde aan HOM, hardop!

📖Rom 8: 38  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of boodskappers of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
 39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel
*ons sal kan skei van die liefde van Elohiem* wat daar in die Messias Y’shua, ons Meester, is nie.

Prys YaHUaH in die hoogste hemele vir Sy verbondsTROU en onbreekbare liefdesband met ons!
HY bly getrou, al is ons ontrou! 
Laat ons HOM dan nou liefhê, met ons hele hart, hele siel en al ons krag! ✨
HaleluYah
Yedayah

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *