
YADA PRAYER JOURNEY DAY 5
Opgestel vir 13.07.2025
Tema : *Hey, Die Openbaarmaker wat waardig is om aanbid te word*
Shavua tov mishpogah… Mag julle week goed wees, geloofsfamilie!
Ons het aangestap op ‘n afgeleë, smal paadjie en deur Die INGANG beweeg van ons Vader se TENT. Dit is merkwaardig dat ons Elohiem gekies het om in ‘n tent of “mishkan” (herdershut) woning te maak, in die hart van die kamp en nie in ‘n paleis nie… Die oomblik wat ons die afgesonderde grond binne Sy Woning betree, met die sagte lig van die kandelaar… is ons hele wese dadelik in aanbidding… staan ons met opgehefde hande in absolute verwondering… en ons prewel aanvanklik net : “_Hineni_… (Hier is ek…), spreek U dienskneg luister!”
*Kom ons bedink die letter HEY* – die simbool hiervan was ‘n _venster of ‘n man met opgehefde hande_ , en beteken _kyk, neem fyn waar, asemhaal, openbaar_ … en die waarde daarvan is VYF
Psalm 134: 2 Lift up your hands in set-apartness (holiness) and
to the sanctuary and
bless YaHUaH [affectionately and gratefully praise Him]!
(ook Ps 63: 4 & Ps 141: 2)
Hierdie letter verteenwoordig ‘n *posisie van aanbidding* …
…van die gee van jou volle aandag
…van die bereidheid om ‘n skoon kanaal te wees waardeur YaHUaH kan werk. Ek dink sommer aan Abram se naam wat verander is na *AbraHam* en Sara sin na *SaraH*… wat albei ‘n HEY bygekry het, toe hulle in ‘n VERBOND met hul Skepper EL begin stap het! Gen 17: 5 Daarom sal hulle jou nie meer Avram noem nie, maar jou naam sal wees AvraHam, want EK maak jou ‘n vader van ‘n groot aantal nasies.
7 En EK sal My verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n Elohiem te wees en *vir jou nageslag na jou*
Ek sien hoe Yahusha weer vir ons ‘n “HEY legkaart” bou… laat ons fyn waarneem. Die woord vir *priester* in hebreeus is _KoHeN_ , en het ook ‘n Hey in die hart v d woord. Dit heg so mooi aan by ons Hemelse Tabernakel element vandag, want slegs die priesters kon die voorste kompartement v d TENT besoek… Wanneer ons YaHUaH se protokol volg, en opdaag met so ‘n priesterlike hart, word ons toegelaat om deur ‘n “venster” na ‘n ander realm te kyk… en is die potensiaal daar om menige openbaringe te ontvang… Mag ons leer om AL ons geestelike sintuie voortdurend in te stel, fyn waar te neem en om volkome teenwoordig te wees… om sodoende alles te absorbeer wat ons geleer word en te gaan waar ons ookal gestuur word, met onwrikbare gehoorsaamheid!
Onthou – VerbondsLiefde is die wortel en gehoorsaamheid een v d vrugte daarvan!
Ek is gelei na Ps 119… ‘n akrostiese Psalm van geliefde Dawied. Die volgende spreek van ‘n HEY gesindheid.. v 33 *Teach me*, o YaHUaH, the WAY of Your statutes, and *I will keep* it to the end [steadfastly].
v 34 *Give me understanding*, that I *may keep Your law*; yes, *I will observe* it with my whole heart.
v 35 …in Your commandments *I delight*
v 36 … *incline my heart*
v 37 *Turn away my eyes from beholding vanity (idols and idolatry)*; and restore me to vigorous life and health in Your ways.
v 38 Establish Your Word and confirm Your promise to *Your servant,* which is for those who reverently fear and devotedly worship You.
v 39 Turn away my reproach…
v 40 *Behold* (hey), *I long* for Your precepts; in Your righteousness give me renewed life.
Geliefdes, ek dink dit is duidelik dat ons geestelike wandel met Vader ‘n *VerbondsVriendskap* moet wees en vir my persoonlik… ‘n daaglikse avontuur! Hoor hoe mooi Gen 24: 62&63 (b) Now Isaac had returned from going to the well
Beer-lahai-roi [ *A well to the Living One Who sees me*],
for he [now] dwelt in the South country (the Negeb).
And *Isaac went out to meditate and bow down* [in prayer] *in the open country in the evening* _(I believe sunset)_…
Ons sal nog kyk na die verskillende maniere hoe ABBA met ons kommunikeer… YaHUaH spreek o a *deur Sy Gees IN ons geesmens* , en daarom die uitdrukking – HY druk iets op jou hart…
HART tot hart kommunikasie… en
BAIE belangrik, dit sal ALTYD in lyn met Sy volledige Woord wees!
Om DIT by die Tabernakel ontwerp aan te sluit… die menorah (kandelaar), wat die Gees verteenwoordig, werp SY Lig op die BRODE. Ons lees v Dawied se Gees geïnspireerde woorde… 2 Samuel 23: 2 The Spirit of YaHUaH *spoke in and by me* , and
His word was upon my tongue.
Ek glo jy sien uit om elke dag *Vader se Tabernakel* te besoek!? Ons volgende element, is die *priesterlike voorvertrek*… met goue mure, sagte olie lamp Lig, en die geur van vars Brood, gemeng met die soetste reukwerk…
die geur van ons HemelVader self…
die reuk van Tuis…
met die grond van Waarheid, soos ‘n ROTS onder ons kaalvoete! Hier vind ons DRIE koninklike meubelstukke –
die Goue Kandelaar met 7 lampe,
die Tafel met ToonBrode en
die Goue Wierook Altaar!
Dit sê vir ons, dat ons hier
VERBONDsake…
hart sake… en
Koninkryk sake, hanteer
Aangesig tot aangesig.
Ons sal later op die reis na elke meubelstuk afsonderlik kyk.
Hierdie ruimte verteenwoordig dan jou tyd in WoordGebed met die Lig v d Gees wat dans op die blaaie v d Woord en dit vir jou oopbreek, Dit is
waar ons die Brood uit die Hemel eet in YaHUaH se teenwoordigheid…
waar ons die geleentheid het om HOM te soek en te vind tussen die letters van eeu oue Geskrifte.
Ek vertrou dat jy nou BAIE opgewonde is oor ons Vader YaH!
*Breek Lewende Brood* –
1 Kron 16: 10&11,
2 Kron 7: 14,
Ps 27,
Ps 119: 47-50,
Jer 5: 21,
Jer 6: 10,
Joel 2: 28-32,
Mat 7: 7-8,
Mat 14: 13,
Mark 1: 35,
Joh 15: 13-15,
Joh 20: 22,
Hand 7: 51,
1 Kor 2: 9,
1 Tim 2: 8,
*GebedsGesprek* – Visualiseer hoe jy deur die tabernakel stap, en gaan sit by die tafel vir jou gedek, en spits al jou sintuie! Neem jou Skrif, en begin ‘n gesprek met die Lewende Woord… en laat toe dat reukwerk van bewondering van jou menswees opstyg na jou SkepperVader. Gesels met Hom oor wat jy geleer het en dat jy graag duideliker wil sien, wil hoor… wil verstaan. Laat ons saam bid dat YaHUaH al die blokkasies sal ontbloot wat ons verhinder om daai intieme konneksie te maak… om die sluier v ons oë af te haal… ons verstand te verlig… en ons ore te besny! Kom ons verklaar dat ons opgewonde is dat Hy weer, kragtens Sy profeet Joel, Sy Afgesonderde Gees oor ons gaan uitstort en dat ons drome sal droom en visioene sal kry, van HOM af!
Vra YaHUaH om jóú te posisioneer vir hierdie tye waarin ons leef, ook in jou unieke plek in Sy Tent & in Sy Meesterplan
Dalk gaan jy teleurgesteld wees aan die begin… maar kom elke dag terug… met die dieselfde voorgeskrewe roete…
biddend deur Sy poorte,
bemerk die Bloedprys vir jou betaal,
vertoef by die Waskom en…
stap dan deur die 5 pilare wat verklaar dat die “wagwoord” gehoorsaamheid is…. En kom altyd met ‘n verwagting! Rom 10: 11 The Scripture says,
No man who believes in Him [who adheres to, relies on, and trusts in Him]
will [ever] be put to shame or
be disappointed.
Kom ons kyk weer na ons Perfekte Voorbeeld Lukas 5: 16 Maar HY het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
En _zagar_ (onthou) geliefdes,
die Torah sal altyd jou siel heelmaak en jou transformeer in ‘n nuwe mens (Ps 119: 7)
Boeta en sussa… hef jou skoon hande na bo en ontvang!
Yedayah onthou asb*Jy hoef nie nóú deur ALLES te werk nie* … en oorweldig te voel nie!
Ek deel ekstra informasie, dan lê dit hier vir latere gebruik
Selfs al hou jy nie elke dag by nie… werk deur dit soos jy kan


