
YADA PRAYER JOURNEY DAY 4
Opgestel vir 12.07.2025
Tema : Dalet, the antieke Weg terug na die Vader
Shalom… en hier is ek weer! Ek is dankbaar jy stap nog saam en ek vertrou dat dit met jou siel goed gaan! Net weer hierdie bekende WOORD rondom ons tema en die ghimel…

Jer 6: 16 This is what YaHUaH says: “Stand beside the roads and watch. Ask for the ancient paths, where the Good Way is. Walk in it and find rest for yourselves. But they said,
‘We won’t walk in it!’

Al wat ek oor vandag kan sê is, WOW… Dit is net ons ABBA wat als so perfek in plek kan laat val en so duidelik kan kommunikeer deur SY Gees en deur SY Woord… en ons bevind ons voor die DEUR van alle deure…
antiek, enorm, koninklik
Toegang tot Sy Huis…
Toegang tot meer afgesonderde grond… en nuwe grondgebied, Ons wandel saam ons Vriend, soos die Emmausgangers en is nog besig om te leer oor die koper altaar as ontmoetingsPLEK met die Hemele.
Die vlg uitroep is in my hart vir ons…

Stuur U Lig en U Waarheid laat dit ons lei en
laat dit ons bring na U Afgesonderde Berg en na U Woninge (Ps 43:3)
Nog net ‘n laaste gedagte rondom gister se tema… Die Gees & ons geesmens moet lei… en ons siel & liggame sal dan volg… Bedink dit…
As ons VERKLEEF aan ons ABBA bly… IN Messias… en ons gees voed met die Woord… en Elohiem vresende besluite neem, SAL jou gees saam met Yahusha voorstap & die res sal in plek val. Ons moet versigtig wees vir eiesinnigheid & ons eie menslike redenasie… asook vir die vlees wat graag die voortou wil neem.


Proverbs 3: 5-8 Lean on, trust in, and be confident in YaHUaH
with ALL your heart and mind and
do NOT rely on your own insight or understanding.
In all your ways know, recognize, and acknowledge Him, and
He will direct and make straight and plain your paths. Be not wise in your own eyes; reverently fear and worship YaHUaH and turn [entirely] away from evil.
It shall be health to your nerves and sinews, and marrow and moistening to your bones.
Hoekom is dit belangrik? Want ons moet gees, siel en liggaam in lyn kom met ABBA se Woord en Wil

1 Thess 5: 23 En mag Hy, die Elohiem van die vrede (shalom en heelwording),
julle volkome afgesonder maak, en
mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van ons Meester, Yahusha die Messias!
24 HY wat julle roep,
is getrou; *HY sal dit ook doen*.

*My gedagtes rondom die DALET* – die simbool van hierdie 4de letter is ‘n DEUR, en kan ook ‘n *pad of beweging* verteenwoordig. En ons weet natuurlik na Wie dit heenwys…!? Ja… ons geliefde Messias. Hierdie letter het dan ook ‘n waarde van *VIER* en dit het deurentyd ‘n sterk konneksie met Yahusha.
Die vlg tekste bring alles so mooi bymekaar

John 10:9 I AM the Door; anyone who enters in through ME
will be saved (will live).
He will come in and he will go out [freely], and
will find pasture.
Mag ons nooit die EEN wat gesê het, HY is
*die Weg, die Waarheid en die Lewe* se Hand los nie…! Bedink hierdie kragtige belofte…dat daar IN Messias ‘n “oop deur beleid” is! As ons van die waskom af wegstap met ‘n opregte hart, is ons ALTYD welkom in ons Vader se TENT, en ons het die waarborg om gevoed, versorg en gekoester te word… Dankie ABBA YaH.


*Ons Tabernakel element*… Kan julle glo!? Is ook die DEUR… M a w die Messias self ontvang jou daar… EN hierdie opening bestaan uit
• • • • • 5 goue pilare met koper voetstukke &
4 veelkleurige linne gordyne tussen hulle… (Open 1: 15). Wat leer ons hieruit? Ek het altyd in my hart gewéét dat VYF *gehoorsaamheid* verteenwoordig… alhoewel menige bronne së dat dit heenwys na genade of guns… Ons getroue Vader bevestig dit toe aan my, met die gewig van gehoorsaamheid in hebreeus (shema), wat ook VYF is! Interessant dat die hebreeuse woord vir genade of guns (GeN H2580) se gewig 13 en dan 4 is… en so vorm dit die gordyne!

Sonder gehoorsaamheid, lojaliteit of die opregte begeerte om Vader se welbehae te doen, is daar nie genade nie. Onthou julle dat Noag in geregtigtigheid saam YaHUaH gewandel het… en dan lees ons het hy guns (GeN) ontvang (Gen 6: 8&9)
Kyk na hierdie mooi bevestiging van die voorste deel v ons ABBA se Tent!

Joh 1: 14 And the Word (Christ) became flesh (human, incarnate) and
tabernacled (fixed His tent of flesh, lived awhile) among us;
and we [actually] saw His glory (His honor, His majesty),
such glory as an only begotten son receives from his father, *full of GRACE (favor, loving-kindness) and TRUTH*.
Ek sal meer uitbrei op die stemboodskap. Op my sloertoer het ek ook geleer dat die *4de gebod*… i v m die *SABBAT*, ook hierdie DEURgang vorm, as *ewige teken* tussen YaHUaH en die wat in Verbond met Hom WANDEL. En so het HemelVader beskik dat dit VANDAG Sabbat is… ‘n DEUR in tyd, waardeur ons kan beweeg vir soet samesyn met ons Vader, ons Broer en res van ons familie. Kom ons sit ons hand in die Meester van die Shabbat se Hand (Luk 6: 5)… en maak hierdie ewige gebod ons eie! Glo my dis lewensveranderend! Onthou ons bevind ons op ‘n antieke PAD…en al ons voorvaders & Yahusha self het Shabbat gevier! Ek deel ‘n SKrif studie vir diegene wat dieper daarna wil kyk!

Deut 7: 9 Know, recognize, and understand (“yada”) therefore that YaHUaH your Elohim,
HE is Elohim, the faithful EL,
Who keeps covenant and steadfast love and mercy with those who love Him and *keep His commandments*,
to a thousand generations,
In hebreeus beteken SHEMA eintlik “hoor, en om onmiddelik te doen”, wat spreek van absolute lojaliteit… en dat jy betroubaar is in die verhouding.
‘n Ander belangrike term in die Woord wat veral met die manne geassosieer word is “zagar”… wat beteken “om te onthou”, en daarom sê die gebod dan ook…

Deut 5: 12 Onderhou die dag van die Shabbat,
dat jy dit afsonder soos YaHUaH jou Elohiem jou beveel het.
13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
14 maar die sewende dag is die *Shabbat van YaHUaH* jou Elohiem; dan
mag jy geen werk doen nie –
jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd
kan RUS soos jy.
15 En *jy móét daaraan dink (onthou)* dat jy in Mietsrayiem ‘n slaaf was, en YaHUaH jou Elohiem jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke Hand en ‘n uitgestrekte Arm; daarom het YaHUaH jou Elohiem jou beveel om die dag van die Shabbat te hou.
(Sien ook Deut 8: 2)
EK wil net uitlig, dat die voorhof, met die water en die bloed daar gestel is, om ons kapasiteit te vergroot…en dit vind plaas wanneer ons heel word, vrygemaak word, en onderrig word… en die TENT van ontmoeting is dan gegee vir intimiteit met ons Liefdevolle Vader en die Lewende Woord… Binne hierdie afgesonderde en versteekte ruimte bevind ons onsself dan op ‘n plek waar ons YaHUaH kan aanbid in Gees en in Waarheid (Joh 4: 23)… en ons harte is geopen vir die werking v d 7 voudige Gees (Jes 11: 2)… en vir die vernuwing van ons gedagtes!
Kom ons dink bietjie hieroor in terme van verhoudinge…
Ons het ook ‘n voorhof of erf, ‘n leef area en slaapkamer! Jy sal nie almal noodwendig in jou huis inbring en definitief nie almal in jou slaapkamer as ‘n baie, afgesonderde plek nie. Kom ons waardeer die VOORREG opnuut om deur hierdie INGANG te kan stap, vir heerlike kuiers en Hemelse inspraak!
Hoekom gebruik ons dan nie die Toegang NIE… of nie gereeld nie?
Voel ons ongemaklik om met ABBA te praat & om te bid?
Voel ons skuldig of skaam…?
Of is ons te besig…?
Kyk in jou eie hart wat die rede daarvoor is… en bring dit in die LIG.

*Breek nog Brood* –
Eks 31: 12-18,
Eks 33: 12&13,
Lev 23: 1-3,
Deut 28: 1-6,
Jes 58: 13&14,
Hos 2: 14&15,
Joh 14: 21,
Joh 15: 10&14-15,
Heb 4: 8-11,
1 Joh 2: 3-6
Deut 6: 4-9

*GebedsGesprek* – Kom ons beweeg stadig deur Yahusha se veelkleurige guns en genade… wat getuig van Sy Bloed, Sy Hoë Priesterlike rol en Sy Outoriteit Mag ons diep bewus wees van hoe belangrik gehoorsaamheid is, vir EGTE kinders b d Allerhoogste
Yahusha het geleer,….
*AS jy My liefhet, sal jy My gebooie gehoorsaam* (Joh 14: 15). Beleef nou die gesellige, vredevolle atmosfeer in ABBA se Tent… en neem ‘n diep asem teug, terwyl jou hele wese WEET : Ek is TUIS!
Tree in gesprek met jou Vader… en vertel HOM van jou hunkering na SY Liefde en Teenwoordigheid. Nooi Hom om deur Sy Woord en Sy Gees met jou te kom praat oor Sy Afgesonderde Afspraak met jóú elke 7de dag… Kom ons vra om vergifnis dat ons nooit opdaag nie, of nie heelhartig daaraan deelgeneem het nie… Mag YaHUaH Sy Familie Hart aan ons openbaar vir hierdie VerbondsDag waarop HY ook tevrede gerus het! (Gen 1: 1&2). Noem aan jou RaadsGewer wat hou jou uit SY RUS uit (Heb 3&4)… uit daardie plek waar ons net sal genees, leef en floreer… (Jer 6: 16) En as daar skuld gevoelens is, was dit af in die water van die waskom, en laat Hom toe om jou kop op te hef… en gaan maak dan reg waar nodig!
Onthou geliefde… Daar is altyd HOOP…

Open 3: 8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende DEUR gegee, en
*niemand kan dit sluit nie*, want jy het min krag en
jy het My Woord bewaar en My Naam nie verloën nie.
Ek stem heelhartig saam met…

GESEëND IS HY
wat U uitkies en *laat nader kom*,
dat hy kan woon in U voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van U Huis, die afgesonderdheid van U Paleis.
Mag ons net nooit vergeet om deur daardie DEUR en oor die drumpel te probeer trap,
met vuil hande , ‘n onrein hart of ongewasde voete nie.
Tot more geliefde
Shabbat shalom
Yedayah
Shabbat Shalom beloved
On the topic of the 4th Hebrew letter, the *DALET*, I just want to release this revelation I received when I was in Israel during Pesach this year. Also because in this Yada prayer journey you will find that Yadayah is also referring to Yahweh as *YAHUAH*.
*FOUR IS THE DOOR*
“I am the door. If anyone enters through Me, he will have life, and will go in, and will go out, and will find pasture.” (John 10:9)
The FOURTH letter of the Hebrew alphabet is called “Dalet” (pronounced “dahlet’) and has the sound of “d” as in “door”. The pictograph for Dalet looks something like a closed (hanging) tent door.
Now we know by Scripture that Yahshua Himself said He is THE DOOR and we also know He was born out of the *TRIBE OF JUDAH*.
Then I went to write the Name of YHWH and found that the DALET is removed from the Tribe of Judah’s name and it gives the written NAME of Yahweh as Yod, Hey, Vav, Hey without the DALET.
When you go to the Stong’s Hebrew Concordance Dictionary Nr.3063 you will find the name of the tribe of Judah or Yahudah. I went to google translate and wrote the name to see how it will show in Hebrew to test a teaching I heard recently. Here you will find the DALET, written there in the 4th place from the right (like a “r” in the opposite direction). In other words if you spell it in Hebrew from right to left it will be Yod, Hey, Vav, Dalet, Hey.
How profound is this revelation that Abba Father gave as His REVEALED name in the Tribe of Judah and when you remove THE DOOR, the DALET, it will reveal Father’s true name.
I find this absolutely extraordinary and profound! Wow, wow, wow I was just awe-structed about this heavenly revelation.
To listen to the full teaching of Nataliyah, here is the link below.
Shalom beloved
Mattaniah

