
YADA PRAYER JOURNEY DAY 2
Opgestel vir 10.07.2025
Tema : Beith, Ons Ewige Vader
Shalom van uit die Klein Karoo wildernis. Ek dink een v d karakter eienskappe van YaHUaH wat die naaste aan my hart is, is SY VaderHart! En soos reeds gedeel, kom dit v ‘n jong geestelike ouderdom waar ek myself altyd voorgestel het, as hand aan Hand saam met HOM as ‘n sterk Vader figuur… en vandaar ook die gebedsreis se profiel foto! (Jes 41: 13 en vers 10 & Ps 139: 8-10)Ps 139: 10 …ook daar ( _in die doderyk en uiteinde v d see)_
sou U Hand my lei en
U RegterHand my vashou.
Die gedeelte in Lukas 15 vanaf vers 11 rondom die verlore, afgedwaalde seun raak my hart ook altyd diep, vandaar die tema foto. Mag talle kinders terug hardloop HUIS toe in hierdie tyd….
Ons prentjie/ idee van ‘n vader is dikwels skeef vanweë ons kleintyd ervaringe van ons aardse pa’s. As jy ‘n goeie, teenwoordige, Elohiem vresende pa gehad het, dan is jy voorwaar geseënd! Wanneer jou pa egter afwesig was, en jou emosioneel of fisies mishandel het, sal jy daaraan moet werk in jou binnekamer … en indien jy nie ‘n deurbraak kry nie, gaan vir hulp en berading. Dit bring my dan by ons volgende alfabet letter…

Die BEITH – in die antieke hebreeus is die “Beith” voorgestel deur ‘n TENT… en stel jou huigesin en familie voor. Ons sien die belangrikheid daarvan dat die ALEF hierdie letter vooruit gaan! Ons móét eers ons knie buig, en erken & bely wie YaHUaH is, en DAN word die deur geopen deur Yahusha jou Verlosser om HOM as ‘n Vader te leer ken! Ons lees
Psalm 103: 13 As a father loves and pities his children,
so YaHUaH loves and pities those who fear Him [with reverence, worship, and awe].
(Sien ook 2 Kor 6: 18)
Die waarde v Beith is dan TWEE. In die Woord verteenwoordig dit altyd vir my verhouding OF verdeeldheid. As jy ver v ABBA voel, of dat daar nie ‘n konneksie met Hom as ‘n PA figuur is nie, dan is hierdie veral ‘n belangrike onderwerp! Die Tabernakel en die Lewende Woord onderrig duidelik dat daar voortdurend GROEI in ons volwassenheid en verhouding met ons Elohiem YaHUaH moet wees. Die intree fase is as jong kind of dienskneg, waar jy eerbied en gehoorsaamheid moet leer… DAN ontwikkel jy in ‘n volwasse kind & prins in die koninkryk… en laastens in ‘n bruid! Ons móét deur al hierdie seisoene beweeg, maar ons “ontgroei” nooit die voriges nie, en daarom lees ons in Hooglied van “MY suster-bruid”. Die liefde, dinamika & tipe verbond verskil soos ons vernuwe word na Yahusha se Beeld. Ons vind bv die vlg hebreeuse woord vir liefde in Hooglied dod (H1730) dalet vav dalet
Def – _properly to build, to love, uncle, friend, lover_Wat sien jy geliefde…? Ons gaan weer daarna kyk…
Kom ons besoek ons Vader se Tabernakel vir meer sleutels… Vir diegene wat my goed ken sal ook goed bekend wees met die “waskom beginsel.” Die Woord leer dat ons as ‘n geroepe priesterdom altyd EERS die waskom moet besoek vir introspeksie rondom ons handel en wandel… en dit geld…
OF ons tot ons Almagtige Verhewe Vader nader by die altaar in die buite hof
OF kwaliteit tyd met HOM wil spandeer in SY Tent
Hierdie besoek aan die WASKOM sal ‘n bepalende faktor wees vir verdere ervaringe in ABBA se Woning!
Eks 30: 17 En YaHUaH het met Mosheh gepraat en gesê:
18 Jy moet ook ‘n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van byeenkoms en die altaar, en gooi water daarin,
19 dat Aharon en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
20 AS hulle in die tent van byeenkoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterf nie; OF as hulle naby die altaar kom om te dien deur ‘n vuuroffer aan YaHUaH aan die brand te steek.
21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterf nie. En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.
Weet verseker dat wanneer jy met ‘n opregte en oop hart by die Waters v d Woord gaan sit… dat jy dáár ‘n ontmoeting met die Reiniger sal hê. Dis hier waar ons in die Spieel v d Woord kyk om onsself te beoordeel en om dieper in die Woord gevestig te word… asook waar ons gehoorsaamheid as kind en dienskneg getoets sal word!
Kom ons blaai na… 1 Sam 3: 21 En YaHUaH het weer verskyn in Shieloh; want YaHUaH het Hom geopenbaar aan Shemuél in Shieloh deur die Woord van YaHUaH
(Sien ook Joh 1: 1-3, 2 Tim 3: 16-17 en Heb 1: 1-2)
Hierdie is BAIE belangrik! Dit is HOE YaHUaH Homself aan jou gaan bekend maak… deur Sy volledige Woord… en dit is ook waaraan jy alles moet meet!
Het julle al die gesegde gehoor : _”DIt voel of ek in die plafon vasbid?”_ Daar is heelwat faktore wat ‘n SKEIDSMUUR tussen jou en Vader kan vorm… (Jes 59: 2). Ek deel meer oor dit in ‘n aparte skrywe.
GEHOORSAAMHEID (wegdraai v sonde) is altyd ‘n vereiste vir toegang tot ons Vader en opgroei in SY HUIS.
*Hulpmiddels* om ‘n sterk verhouding te vestig en in stand te hou :
• Natuurlik die waskom as deel v d Koning se protokol. Daarom sê die Woord: moenie kwaad vir mekaar gaan slaap nie, EN bely julle sondes teenoor mekaar! En dit sluit aan by…
• Wandel ALTYD in vergifnis… teenoor jouself, ander en teenoor YaHUaH
• WoordGebed en kommunikasie. Berei die grond v enige gesprek voor met self ondersoek & gebed.
• Lofprysing
• Hou van ‘n joernaal in jou binne kamer
• Vaste tyd/ afspraak – ‘n Stil afgesonderde plek vir ontmoeting.
• Bly IN Hom, deur ‘n voortdurende ingesteldheid. Die uitdrukking v “Slaan jou tent op IN Sy TENT” is vir my so mooi!
*Aangesig tot aangesig…* Wat beteken dit!? Onthou diegene wat YaHUaH se Aangesig SOEK, is werklik Israel (Ps 24 :6)… en sal oorwin!
(Sien Gen 32: 30, Exo 33: 11, Deut 5: 4)
Eseg 20: 35-37 35 En EK sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van *Aangesig tot aangesig*.
36 Soos EK met julle vaders in die woestyn van Mietsrayiem in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, sê die Meester YaHUaH
37 En EK sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die *band van die verbond.*
Hierdie profesie is vir ons, en kan vir jou goeie of slegte nuus wees…
*Aangesig* (H6440) paniyim (meervoud)
Def – _jou gesig, jou teenwoordigheid, voorkoms of voorkant, om navraag te doen, reg teenoor_
In normale omstandighede ken elke kind sy pa se aangesig en teenwoordigheid…
Gesliefde, die uitnodiging is elke dag daar! Maak net seker jy berei jouself deeglik voor, voordat jy reg teenoor jou Elohiem en ABBA jou posisie inneem, en draai dan jou hele menswees na HOM! Die Tabernakel leer ook dat die *leviete* diens gedoen het en vrye toegang gehad het tot die voorhoof. Onthou LeVI beteken _geHEG aan, vasgemaak, verkleef…_ Onthou geliefde, prioritiseer jou HemelVader elke dag!
Meer Lewende Brood
Ps 73: 23-26,
Ps 51: 2-7,
Jes 9: 6,
Jes 63: 16,
Hos 5: 14 – 6: 3,
Luk 15: 11-32,
Joh 10: 14 en vers 27,
Joh 15: 1-10,
Rom 12: 11-21,
1 Kor 8: 3,
1 Joh 1: 6-10,
1 Joh 2: 13&14 en
1 Joh 3: 1
GebedsGesprek… Kom ons spandeer weer genoegsame tyd by die waskom en laat Yahusha toe om jou te deursoek en te reinig… Bely… kies om te vergewe… wees deursigtig! Bedink jou kleintyd jare saam met jou aardse pa, of stief pa… dalk voel jy soos ‘n wees kind en nie ‘n egte kind (Ps 27: 10) !? Praat met jou ABBA daaroor! Noem jou begeerte om nader aan Hom te kom… en vra dat HY jou nader sal trek. Ons Vader sê : “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself… ” Bedink dit… Mag YaHUaH ons waardigheid herstel… sodat ons gevestig kan word in SY Liefde, en ons onsself kan lief hê, en dan kan dit oorvloei na ander om ons. Kom laat ons saam uitroep dat YaHUaH ons identiteit as Israel sal herskep, deur ‘n honger na die Woord en soeke na Hom op te wek, in elkeen v ons en ons nageslag! Miskien is jy daai verlore seun of dogter wat jou erfporsie verskil het…? Staan op… en hardloop na HOM!
Hoe lyk intimiteit met YaHUaH… met YaHUsha?
Joh 15: 4 Dwell in Me, and I will dwell in you. [Live in Me, and I will live in you.]
Just as no branch can bear fruit of itself without ABIDING in (being vitally united to) the vine,
neither can you bear fruit unless you abide in Me.
(Kyk ook na Ps 91: 1)
Dit beteken, BLY IN die Woord… bly op die Smal Weg… Hou by die Waarheid (ook rondom jouself). EN hoe dieper jou hart omgewerk is by die waskom, hoe groter oes sal jou lewe voortbring na ontvangs v d saad v d Saaier!
WoordGebed is seker een van die grootste sleutels… Lees, bid en bedink die Woord… loop met dit in jou hart… verteer dit en kom terug vir meer! In die Tabernakel is dit ook die diepere gedagte v d _Voedsel offer & ToonBrode_… laasgenoemde is “Lechem Paniyim” in hebreeus! Wat weer beteken – Brood v Sy Aangesigte… Brood in / van Sy teenwoordigheid. (Joh 6: 51)… Selah…
Ek sluit af met die volgende juweel… ‘n bevestiging uit die pen van DawiedPs 26: 6 I will wash my hands in innocence, and
go about Your altar, O YaHUaH
Wat ‘n groot eer om Sy kind genoem te word!
Yedayah

