
THE SALVATION PLAN OF YAHWEH
7th & Final Feast of Yahweh
SUKKOT
FEAST OF TABERNACLES
5 DAYS after Yom Kippur, Starting at SUNSET on October 17th, 2024 (15th day of 7th month)
The greatest story ever been told!
Today I want to share a teaching of the Final and 7th Feast of Yahweh, Sukkot which is a shadow of the last 1000 Years of the Shabbat Millennium Era of the 7000-year Salvation Plan of Yahweh. The greatest story ever been told! And the  on this story is YAHSHUA. Let’s see how Abba Father revealed this mystery to us as Endtime Watchman.
Sadly, to the English-speaking members on this group, I will share it in Afrikaans today but will work on an English translation later today.

HOE PAS YAHSHUA IN BY DIE LOOF HUTTE FEES?
Ek het so 2 maande terug ñ droom gehad waarin ek vir Yahshua gevra het, wanneer kom Hy weer? Toe antwoord Hy, “Op dieselfde keer aswat Ek die 1ste keer gekom het.” en Sy woorde het my laat navors in die Skrifte en dit is waarop ek afgekom het.
Yahshua se geboorte-datum was nog nooit weggesteek of onbekend gewees nie. Ons wat in die heidense christendom groot geword het, was egter gebreinspoel dat Yahshua op 25 Desember gebore was en ons het dit so aanvaar want- “Dominee het so gese..!”
Ek gaan ‘n paar onderwerpe hier uitlig, nie net om die datum van Yahshua se geboorte te bepaal nie, maar ook om vir ons ‘n beter agtergrond te skets van gebeure en aspekte rondom Yahshua se geboorte. Met hierdie kennis kan ons dan ook beter onderskei tussen misleiding en waarheid.
Ons mense moet besef- jy hoef nie alles wat in jou gesig vaswaai, as absolute waarheid te aanvaar nie, ondersoek eerder self, sodoende word ons wat onervare is in die woord, geoefen om reg van verkeerd te onderskei.

1. Ek wil onmiddelik se: As ons die geboortedatum van Yahshua oorweeg, is dit maklik om enige voorgestelde datum wat nie in die Herfs [Noordelike halfrond- September] van die jaar plaasvind nie, uit te skakel. Daar is net te veel omstandigheids-getuies wat dit bevestig.
– Alhoewel sommige wil bespiegel dat Yahshua in die Lente [Maart- April] gebore is [selfs op die Pasga-dag], is ‘n geboortedatum in die Lente nie moontlik nie, hoofsaaklik as gevolg van sistematiese gebeure en die opeenvolging van datums in die Skrifte.
– Die Bybelse metode om die geboortedag van Yahshua te bereken, behels eenvoudig die berekening van die geboortedatum van Johannes die Doper, want ons lees in Luk 1:36 waar die Engel met Miriam [Maria] praat; “En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook ân seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.”

Met die toepassing van hierdie inligting in Lukas se Evangelie rakende die 6 mnde tydsverskil tussen hulle geboortes, kan ons die datum van Yahshua bepaal.
2. Die Evangelie van Lukas behandel die geboorte van Johannes die Doper voordat hy besonderhede gee oor die geboorte van Yahshua.
– Daar is ‘n rede hiervoor: die twee is onlosmaaklik verbind in die kronologie van hul geboortes sowel as in hul bedieninge. Die bepaling van die geboortedatum van Johannes die Doper is die eerste legkaartstuk in ons proses om die “legkaart” van Yahshua se geboorte saam te stel.
* Ons hoef nie eers ‘wiskundig’ te wees om hierdie berekening te doen nie, ons moet net die kronologiese gebeure korrek sorteer. Dit is ook die doel van hierdie studie –Â ‘n eenvoudige riglyn om ons mense te motiveer om self die Skrifte te bestudeer. Dit is ook ‘n groot genot om te sien hoe eenvoudig die Dinge inmekaar pas.
* Goed, Lukas gee leidrade wat verband hou met Johannes die Doper se vader, die priester Sagaria, wat ons sal help om die datum vir die geboorte van Yahshua te ontsluit. Dit vereis ‘n mate van Bybelse- kronologie om die maande en dae van die jaar vir die geboorte van Johannes en Yahshua te bepaal.
Sommige belangrike inligting uit die Ou Testament, is ook nodig om Johannes se geboorte datum te bereken – die eerste stap om Yahshua se Geboortedag te bepaal.
– In Lukas 1: 5, lees ons:
“Daar was in die dae van Herodes, koning van JudĂ©a, ân sekere priester met die naam van SagarĂa, uit die afdeling van AbĂa; en sy vrou was uit die dogters van AĂ€ron, en haar naam was Elisabet.”
– Dit is ‘n belangrike leidraad, want die priesterlike afdeling van Abia was die agtste van die 24 afdelings wat koning Dawid in opdrag van YHWH ingestel het om die Tempel te bedien. (1 Kronieke 24: 1-19; 28: 12-13, gee vir ons die volgorde.) Koning Dawid het die nageslag van die seuns van EleĂĄsar en Itamar, die twee seuns van AĂ€ron, in 24 afdelings verdeel en ‘n skedule vir die priesters opgestel om die Tempel regdeur die jaar op ‘n ordelike wyse te bedien.

– Elke afdeling kry twee maal per jaar (2 Kron. 23:8, 1 Kron. 9:25) van Sabbat tot Sabbat ‘n diensbeurt van 1 week (2 Kron. 23:8, 1Kron. 9:25).
– Daarbenewens het al die afdelings saam diens gedoen tydens die drie Pelgrimsfeeste (Pasga, Pinkster en Loofhutte/Tabernakels). Elke afdeling het dus gedurende ‘n normale jaar al tesaam vyf weke diens gedoen. [2 Diensbeurte plus 3 verpligte Fees beurte = 5]
– ‘n Normale jaar op die Hebreeuse kalender bestaan uit 12 Maan-maande van 29 of 30 dae, vir ‘n totaal van 354 dae- 51 weke. Dit beteken gedurende ‘n gewone jaar sal altesaam 51 weke die Tempel-dienste benodig (24 dienste x 2 keer per jaar = 48 + 3 Pelgrimsfeeste-weke = 51 weke).

BAIE BELANGRIK !!!
* Dit is baie belangrik om te weet vanaf watter dag die afdelings begin het met hul diensbeurte.
Enige dag of insident kan nie net gebruik word nie, dit MOET in die Skrifte aangetoon word.
* Die Bybelse kalender begin met die maand AVIV, dit is ongeveer in die maand April volgens die Westerse [Romeinse] kalender. Ons moet ook ingedagte hou dat die Noordelike halfrond se seisoene omgekeerd is met ons seisoene in Suidelike halfrond.
Die onderstaande Skrifverwysings sal duidelik toon wanneer die afdelings hul diensbeurt in die Tempel begin.
1. Eks 12:2 “Hierdie maand [Aviv] moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.“
2. Eks 40:1 “Verder het YHWH met Moses gespreek en gesĂȘ:
Op die dag van die EERSTE MAAND, op die EERSTE MAAND, moet jy die Tabernakel van die Tent van samekoms oprig. En jy moet daarin plaas die Ark van die Getuienis en die Ark met die voorhangsel bedek.”
3. Eks 40:17 “En in die EERSTE MAAND, in die tweede jaar, op die EERSTE VAN DIE MAAND, is die Tabernakel opgerig.”
4. Koning Dawid het ook opdrag gegee dat die Tempel- verteenwoordigers en familiehoofde uit elk van die 12 stamme elke maand saam met die Priester-afdelings wat hulle verteenwoordig roteer EN dit begin in die EERSTE MAAND- Aviv. [April]
1Kr 27:1-3 “En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het IN AL DIE SAKE VAN DIE AFDELINGS wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:1Kr 27:2 oor die EERSTE AFDELING vir die EERSTE MAAND was JasĂłbeam, die seun van SĂĄbdiĂ«l; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.1Kr 27:3 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leĂ«rowerstes vir die EERSTE MAAND.”
– Ook het koning Salomo nooit afgewyk van hierdie rotasie-program EN ons sien dat ook die Poortwagters gelyk geroteer was met die Afdelings van die Priesters.
2Kr 8:14-15Â “Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die AFDELINGS van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om YHWH te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle AFDELINGS vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van YHWH. En hulle het in GEEN enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.”
– Rotasie vind plaas op die Sabbat;
2Kr 23:8Â “En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester JĂłjada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die Sabbat INKOM saam met die wat op die Sabbat UITGAAN; want die priester JĂłjada het die Afdelings nie ontslaan nie.”
5. Die historikus Flavius Josephus skryf in die eerste eeu n.M. dat die bogenoemde verdeling gebly het âtot vandag toeâ (Antiquities of the Jews, Boek7, hoofstuk 14, afdeling 7). Hieruit is dit duidelik dat die 1ste Afdeling se Diensbeurt op die eerste Sabbatdag van Nisan (April), die eerste maand in die Hebreeuse kalender begin, met elke diensgroep [24] wat vandaar een week lank van Sabbat tot Sabbat [48] diens gedoen het. ‘n Diensbeurt in elke helfte van die jaar.
# Ons kan nou reeds aflei wanneer Yahshua se geboorte ongeveer was.
In Lukas 1 word ons meegedeel dat Johannes verwek is nadat sy vader, Sagaria, teruggekeer het huistoe na sy diens in die Tempel, 10 weke sedert die begin van die jaar (verse 23-24). Dit was tydens Sivan [Junie] die derde maand van die Bybelse kalender, derhalwe sou Johannes se geboorte dan nege maande later gewees het, in April die volgende jaar. En met hierdie inligting tot ons beskikking kan ons reeds aflei dit was Yahshua se geboorte 15mnde nadat Sagaria na sy huis en Elizabet teruggekeer het. Volgens dit is Johannes ses maande ouer as Yahshua.

3. KOM ONS GAAN MAAK SEKER.
Een baie belangrike sleutel vir die akkurate bepaling van wanneer Yahshua se geboorte, word vervat in die omstandighede aangaande Sagaria, die vader van Johannes die Doper. In Lukas 1:5 word aan ons vertel dat Johannes se vader Sagaria, ‘n Priesterlike-amp beklee het âin die afdeling [diensgroep] van AbĂaâ was.
Waarom IS die tydskedule van âdie afdeling [diensgroep] van AbĂaâ belangrik..?
Ongeveer 1,000 jaar vroeĂ«r, in die dae van koning Dawid, het die aantal Priesters in Israel aansienlik toegeneem. Koning Dawid het hulle later in 24 afdelings of âdiensgroepeâ verdeel om hulle diens in die Tempel weekliks te roteer (1 Kronieke 23:6, 24, 28:13).
* Verder sal die Skrifte toon dat al die Tempelpriesters gelyktydig In Jerusalem diens gedoen het gedurende die ‘Drie jaarlikse Feeste van â Pasga, Pinkster en die Huttefees’ (Levitikus 23; Deut 16).
Deur die res van die jaar het die afdelings egter beurte gemaak met elke diensgroep wat vir ân week lank op ân roterende basis diens verrig het. Die 24 afdelings se eerste diensbeurt in die eerste helfte van die jaar, tweede diensbeurt in die tweede helfte van die jaar.
*Daar is 51 weke in ‘n BYBELSE Kalender.
– Die 24 beurte, elk afdeling het een week gedien en dan weer later die ander week. Dit is nie op een slag gedoen nie en dit gee altesaam 48 weke.
– Dit laat 3 weke oor. Die 3 weke word dan gewy aan die Drie Pelgrims Feeste, soos deur YHWH Beveel, waar al die manne na Jerusalem moes gaan om te vier Pasga, Pinkster en die Huttefees.
[Eks 34:23 “Al jou MANSPERSONE moet DRIE MAAL in die jaar voor die Aangesig van Majesteit YHWH, die Almagtige van Israel, verskyn.”] * 24 beurte x 2 keer per jaar 48 + 3 weke Pelgrimsfeeste-weke = 51 weke. Gedurende hierde Feeste, in die tyd van Yahshua, was daar ongeveer 2,5 milj mense in Jerusalem. Dit verklaar die nodigheid dat al die Priesterafdelings moes diens doen gedurende hierdie 3 Feeste.
Dit maak dus op vir die oorblywende 3 weke.
Kom ons kyk nou na die eerste 8 diensbeurte van die priesters met die begin van die Bybelse kalender- jaar 1ste Nisan [April].
1. Die Eerste beurt is die eerste week van April.
2. Die Tweede beurt is die tweede week van April
3. FEES: PASGA : Al die Afdelings is teenwoordig in die derde week van April, dit is Pasga en die hele volk en al die Priesters-afdelings moes in Jerusalem wees.
4. Die Derde beurt is die vierde week van April.
5. Die Vierde beurt is die eerste week van Mei.
6. Die Vyfde beurt is die tweede week van Mei.
7. Die Sesde beurt is die derde week van Mei.
8. Die Sewend beurt is die vierde week van Mei.
9. Die Agtste beurt is die eerste week in Junie.Â
[Sagaria se diensbeurt volgens die indeling van Abia 1Kr 24:10]
10. FEES: Fees van Weke: Al die priester-afdelings is teenwoordig in die week, die 2de week van Sivan [of Junie]. Â
Dit is Pinkster en die hele volk en al die Priesters-afdelings moet in Jerusalem wees. [Die 10de week in die Bybelse kalender-jaar] Dit is gedurende hierdie tyd [middel Junie], wat Lukas van skryf: âEn die hele menigte van die volkâ want dit is Pinkster oftewel, die Fees van Weke en almal is in Jerusalem volgens die Bevel van YHWH.
Omdat al die priester-afdelings gedurende die week van die Pasga gedien het, beteken dit dat die afdeling van AbĂa â agtste in rotasie (1 Kron 24:10) â aan die begin van die negende week aan diens kom.
Toe hierdie rotasie verby is, het die week van Pinkster [2de verpligte Fees] begin â dus moes die diensgroep van AbĂa ook aanbly in die TIENDE week. Alhoewel moderne Westerse kalender nie heeltemal ooreenstem met die Hebreeuse kalender nie, laat ons vir ‘n oomblik aanneem dat 1ste April is gelyk aan die 1ste Nisan (Dit is in elk geval baie naby aan mekaar). Pasga is gewoonlik gedurende die maand van Nisan- April ] Dit beteken, Tien weke sedert die aan vang van die EERSTE MAAND Nisan [April] bring ons na die middel van die DERDE Maand- Sivan [Junie].
Lukas 1:5, leer ons dit was tydens hierdie diensbeurt toe Sagaria se diens onderbreek is deur die verskyning van die Engel aan Sagaria, wat die swangerskap van sy vrou aangekondig het. As gevolg van sy ongeloof is hy met stomheid geslaan tydens sy diens in die Tempel, wat hom onmiddellik van sy priesterlike pligte kwytgestel het (Lev. 21:16-23). Sagaria het toe teruggekeer huis toe na Elizabet, waarna sy dan ‘ontvang’ [bevrug geraak] het. Derhalwe sou Johannes se geboorte dan nege maande later wees, aan die einde Winter en 1ste maand Nisan [April] 3de maand-Junie, plus 9 mnde gee vir ons, die volgende jaar- April.
DIE GEBOORTE VAN YAHSHUA
Hierdie gedeeltes is baie stiptelik volgens die Skrifte en van hier af eenvoudig om Yahshua se geboorte te bepaal.
– Luk 1:26-36 “En in die SESDE maand [van Elizabeth se swangerskap] is die engel GabriĂ«l deur YHWH gestuur na ân stad in GalilĂ©a met die naam van NĂĄsaret, na ân maagd wat verloof was aan ân man met die naam van Josef, En kyk, jy sal swanger word en ân Seun baar, en jy moet Hom Yahshua noem.”
– “En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook ân seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die SESDE vir haar wat onvrugbaar genoem is.”
Op hierdie stadium was Elizabeth reeds ses maande swanger, met die baba Johannes (verse 36-41).
Johannes dan ongeveer ses maande ouer as Yahshua. Aangesien Yahshua naastenby ses maande na Johannes se geboorte in April, gebore word, was Yahshua se Geboorte dus gedurende September.
Maklik…
# Kortliks lees dit so:
Sagaria se termyn:
– Sy afdeling verrig diens die 10de week sedert begin April.
– In die middel van Junie gaan Sagaria terug huistoe.
– Elisabet word swanger.
– In die 6de maand van Elizabet se swangerskap, dus Desember word Miriam [Maria] Swanger deur die Gees van YHWH.
– Onthou nou- 2de week in Junie en 6mnde later is die 2de week in Desember. * Toevallig tydens die Fees van Ligte Hanukkah.
Luk 1:39-56 “En in daardie dae het Miriam opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na ân stad van Juda; en sy het in die huis van SagarĂa gekom en Elisabet gegroet. En toe Elisabet die groet van Miriam hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Afgesonderde Gees en het met ân groot stem uitgeroep en gesĂȘ: GeseĂ«nd is jy onder die vroue, en geseĂ«nd is die vrug van jou skoot!” Luk 1:56 “En Miriam [Maria] het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe. En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ân seun [Johannes] gebaar.”
– Miriam soos ons nou lees, is toe na Elisabet en bly by haar 3 maande lank, waarom 3 maande..?
Want 6+3 =9, Miriam wou by Elisabet wees met die geboorte van Johannes.
– Johannes is gebore in die maand van April [of Nisan]. Toevallig die tyd van Pasga.
Met Miriam wat in Desember [ontvang] swanger geword het, is Yahshua in September gebore.
Toevallig gedurende die tyd van die Huttefees.
[Die woord vir Fees is âmoedâ en beteken Afspraak.]
Joh 1:14 “En die Woord het vlees geword EN HET ONDER ONS GEWOONâen ons het sy Heerlikheid aanskou, ân Heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader komâvol van genade en waarheid.” “Onder ons gewoon” in die oorspronklike taal is dieselfde as die woord Tabernakel.
# Kom ons ondersoek die Skrif en bevestig hierdie datum.
Gestel ons ignoreer die bewyse dat die begin van die priesterlike diensbeurte nie aan die begin van die jaar indiens gestel is nie, is die ander moontlikheid dat die datum waarop die engel Sagaria besoek het, tydens Sagaria se tweede dienstermyn in die tweede helfte van die jaar was, eerder as tydens die eerste dienstermyn in die Lente. Daar is genoeg omstandigheids-bewyse dat dit onwaarskynlik is, want dit sou veroorsaak dat die geboorte van Johannes die Doper naby middel September sou wees. Gevolglik sou Yahshua se geboorte in Maart, gedurende die reënseisoen, gewees het.
1. William Ramsay verduidelik in sy boek , “Born in Bethlehem”, dat die algemene tyd van die jaar vir die begin van die sensus van Augustus tot Oktober was – om hoĂ«r persentasie deelname aan te moedig – en nie gedurende die reĂ«nseisoen- middel Maart nie.
2. Ons weet dus dat Yahshua waarskynlik nie in die Lente gebore is nie, omdat ons weet dat Josef sy gesin na Betlehem geneem het vir die volkstelling, toe Yahshua gebore is. “En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad. En Josef het ook opgegaan van GalilĂ©a, uit die stad NĂĄsaret, na JudĂ©a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,” Luk 2:3Â
3. Ons weet dat, ses maande na die verwekking van Johannes, was Yahshua verwek in die baarmoeder van Miriam. Dus sou Yahshua ses maande later (na die verwekking van Johannes) verwek gewees het in die maand Desember. Nou het ons al geleer dat Hanukkah [Fees van Ligte, ook Tempelwyding] gewoonlike 2de week in die maand Desember gevier word: Was die âLig van die WĂȘreldâ verwek tydens die Fees van Lig..? Want ons lees ook in Jak1:17, YHWH is die Vader van Ligte..!
Yahshua het drie preke gelewer waarin Hy homself verklaar het as die Lig van die wĂȘreld!
– Joh 8:12Â “Ek is die Lig van die wĂȘreld.”
– Joh 9:5Â “So lank as Ek in die wĂȘreld is, is Ek die Lig van die wĂȘreld.”
– Luk 2:31 “wat U berei het voor die oĂ« van al die volkeâ ân Lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
4. Loofhutte-Fees, Sukkoth, Fees van Tabernakels, tydelike takskuilings.
“Spreek met die kinders van Israel en sĂȘ: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die HUTTEFEES vir YHWH.” Lev 23:34Â Begin nou by die fees- Hanukkah [Desember], en tel regdeur die nege maande van Miriam se swangerskap, dan kom jy weer by die aangewese tyd vir die geboorte van Yahshua tydens Sukkoth, Loofhutte-Fees, Fees van Tabernakels, tydelike takskuilings, in September.
– Ons weet, dat ons Messiah, in ân “tydelike liggaam”, verskyn het en ook net ‘tydelik gewoon’ [Tabernakel] het toe hy na die aarde gekom het.

– So is dit ook bevestig toe Yahshua gebore is in ân tydelike woning- die ‘stal in ‘n krip’. Miriam het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelĂȘ, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie (Lukas 2:7).
Die Hebreeuse woord vir âstalâ word âSukkothâ genoem Gen. 33:17 “Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ân huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.”
– Op die Agtste Dag, die Feesdag direk na die Huttefees is Yahshua gebring om besny te word en stort Hy sy bloed (die besnydenis) as bevestiging van Sy verbond met Abraham.
– Die Agtste Dag van die Huttefees is ook bekend as “Simchat Torah” en beteken om in Vreugde Fees te vier oor die Wet, of Woord van YHWH.
Yahshua op die Eerste Dag van Loofhutte-fees gebore en op die laaste Dag, die Agtste Dag besny!
– Hierdie Fees spreek van ân Toekomstige tyd wanneer die mens sal Woon (Tabernakel) saam met Yahshua, wanneer Hy by ons sal woon*. (Openb. 21:3). Meeste Bybel studente is dit eens dat die Fees van Tabernakels die begin van die Millennium [die 1000 jarige Koninkryk] verteenwoordig. Ons moet vol verwagting uitsien na die Fees van Tabernakels, net soos ons uitsien na die koms van die Yahshua, om Sy Bruid en regering in te bring, asook Sy Koninkryk en SY wette.

– Yahshua Messhiah is ook die Simboliese Tabernakel of woning van YHWH.
In HOM is die volheid van YHWH (Joh. 1:14, Kol. 2:9), en YHWH woon in ons midde deur Yahshua (Mat. 18:20).
– Kom ons gaan net vir ‘n oomblik terug na Luk 2:6-7, Waarom dink julle was die herberge vol, nie net as gevolg van Keiser Augustus se volkstelling nie (terloops wanneer dink julle sou Augustus n sensus wou hou, sou dit nie sin maak om dit op een van die drie verpligte Feeste te hou nie, dan is almal mos bymekaar), maar ook omdat die mense oppad was na Jerusalem vir die Huttefees, want Betlehem is baie naby aan Jerusalem. Die omliggende areas en velde sou ver-lig gewees het met al die Sukkot hs in September.
– Josef en Miriam het die kindjie geneem en gevlug na Egipte en daar vertoef totdat hulle verneem het dat Herodus dood was. Josef en Miriam het die baba, Yahshua, in Jesrusalem ingebring veertig dae na Sy geboorte vir die reiniging-seremonie van Miriam en die toewyding van die kindjie [volgens die Wet Lev_12:2-6] moet dit gedoen word binne veertig dae vanaf die geboorte van ân manlike kind.
Dit impliseer dat Herodus gesterf het binne dieselfde veertig dae, want solank as wat Herodus geleef het, kon hulle nie by die Tempel verskyn het nie. (Volgens die berekeninge van Flavius Josephus, gebore Joseph ben Mathias, in sy boek “THE ANTIQUITIES OF THE JEWS” was die dood van Herodus gedurende die Herfs [September] in die 4de jaar voor die Gewone era bekend as 4 B.C.E)

ALLES IN SEPTEMBER
Het ons wat die Feeste onderhou dalk gedurende Loofhutte-Fees onwetend Goeie rede gehad om Vrolik te wees want die GOEIE TYDING en GROOT BLYDSKAP is dat die Woord Vlees geword â Yahshua is gebore.
“En die engel sĂȘ vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ân GOEIE TYDING van GROOT BLYDSKAP wat vir die hele volk sal wees,”Luk 2:10Â
“En op die EERSTE DAG dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die Aangesig van YHWH julle Almagtige VROLIK wees.” Lev 23:40Â
” ân Stem van GEJUBEL en van Heil is in die Tente [Tabernakels] van die regverdiges: die Regterhand van YHWH doen kragtige dade.” Psa 118:15
Hierdie Fees spreek van ân Toekomstige tyd wanneer die mens sal Woon (Tabernakel) saam met Yahshua, wanneer Hy by ons sal woon. (Openb. 21:3).

MARANATHA
Shalom, Mattaniah

