
YADA PRAYER JOURNEY DAY 9
Opgestel vir 17.07.2025
Tema : Tet, Die Bruidegom, wat ontbloot & vorm gee
Kosbare YaDA familie, mens se hart is sommer swaar, omrede hierdie reis nou tot ‘n einde gekom het! Maar soos die CHET verkondig, betree ons ‘n nuwe seisoen en kyk ek uit vir oorvloedige LEWE om oral om ons uit te spruit… en ‘n groot oes om in te kom!Hosea 2:. 21-23 And in that day I will respond, says YaHUaH;
I will respond to the heavens
[which ask for rain to pour on the earth],
and they shall respond to the earth
[which begs for the rain it needs],
And the earth shall respond to the grain
and the wine and the oil
[which beseech it to bring them forth], and
these shall respond to Jezreel [restored Israel, who prays for a supply of them].
And I will sow her for Myself anew in the land, and
I will have love, pity, and mercy for her
who had not obtained love, pity, and mercy;
and I will say to those who were not My people,
You are My people, and
they shall say, You are my Elohim!
*My gedagtes rondom die letter TET* – hierdie is een vd alfabet letters wat my al baie besig gehou en gefasineer het in die verlede. Die letter verteenwoordig _‘n mandjie of ‘n slang_… waarin ons ‘n tweeledigheid sien… Aan die letter word die vlg betekenisse gekoppel – _omring, modder, bevat of stoor, slang_. Die waarde van TET is dan ook NEGE, en soos julle sal kan onthou, beteken dit die volheid van Verbond, gevolglik ook die volheid van intimiteit! Kom ons bedink…
Dit is interessant dat die hebreeuse woorde vir rein (tahor) en ontrein (tamei) albei met ‘n TET begin…? Ek het gedink aan die mense, in veral Indië (slang besweerders), wat op ‘n tipe fluit speel, dan kom die kobra uit die mandjie… en ek ontdek toe dat die oorsprong hiervan, in Egipte is… mmmmm.
Die slang word dan versteek en gestoor in ‘n mandjie…
In die antieke tye is mandjies daagliks gebruik om allerlei voedsel in te dra, soms om vis mee te vang, en om klei potte van te maak.
Ons sien dus ‘n konneksie met die modder of klei as een van die betekenisse van TET…. Die tet-mandjie is dan gebruik om struktuur en vorm te gee, en die klei is binne-in gesmeer, en gelos om droog te word, wat veroorsaak het dat die klei krimp en wegtrek van die mandjie. ‘n Klei pot was meestal waterdig en kon water, wyn of olie stoor. Ek ervaar, wat hierdie letter kommunikeer is dat alles wat van buite af, goed en rein voorkom, nie noodwendig is nie! Dat binne-in of in die inhoud daarvan, ‘n versteekte slang of gevaar is… Kom ons blaai na Sha’ul (Paulus) se advies 2 Kor 6: 14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die wetteloosheid, en
watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
15 En watter ooreenstemming het die Messias met Beliál, of
watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
16 Of watter ooreenkoms het die tempel van Elohiem met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende Elohiem, soos Elohiem gesê het:
Ek sal IN hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle Elohiem wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af (chet), sê YaHUaH; en
*raak nie aan wat onrein is nie*, en
EK sal julle aanneem;
18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en
julle sal vir My seuns en dogters wees,
sê YaHUaH, die Almagtige.
2 Kor 7: 1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes,
laat ons ons van *alle besoedeling*
*van die vlees en die gees reinig*, en
laat ons die afgesonderdheid in die vrees van Elohiem vervul.
Dit sluit ook so mooi aan by gister!
Wanneer ek dink aan die “omring” en dat gras mandjies dikwels in die rondte geweef word…. beleef ek ‘n verband met die mense koorde van liefde, waarmee ABBA ons trek, wat in die hebreeus, _gevlegde plant materiaal is_ … en ook dat ons lewens “spiraal” in seisoene Hosea 11:4 (a) I drew them with cords of a man,
with bands* (H5688) of love…
Joh 3: 8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid,
maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie.
So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Waaby ek wil uitkom, óns as “klei potte” word in ABBA se Huis, gevorm deur al die geliefdes en mede-gelowiges wat ons omring (soos ‘n mandjie) deur al die seisoen en siklusse van ons lewe… deur als wat met ons gebeur, goed of sleg! En as ons soms breek, kraak en seerkry “langs die pad”, tel die Pottebakker ons op & maak ons heel. My gedagtes gaan sommer nou na klein Mosheh (Moses) wat in ‘n pik besmeerde mandjie op die Nyl neergesit is en wat hom toe tot “redding” was, en in sy roeping gebring het… Alles vanweë sy geliefdes om hom, wat ‘n plan gemaak het, soos die Gees geïnspireer het!
Die misleiding raak baie intens met sekere nuwe bewegings wat kop uitsteek in ál die gelowige kringe… en die geestelike kos wat hulle vir jou voorsit is dikwels giftig… onrein… besoedel. Dit is belangrik om Yahusha altyd biddend te vra rondom leringe, boeke en videos…en as jou gees ongemaklik is daarmee, is daar dalk ‘n slang in die gras , of sal ons sê, in die mandjie.
Onthou geliefdes, die wolf kom in skaapsklere…. En daarom het jy ook ‘n enersdenkende binnekring nodig om vir jou uit te kyk en teen wie mens goed kan klankbord met die SKRIF as die Onveranderlike Getuie… en terselfde tyd vorm die persone deel van jou “mandjie” en vormingsproses! Mark 13: 22 Want daar sal valse messiasse en valse profete opstaan, en
hulle sal tekens en wonders doen om,
as dit moontlik was,
ook die uitverkorenes te mislei.
Laat ons nie agter goed aanloop wat indrukwekkend is, maar eerder die Waarheid volg, oral waar HY lei.
Mat 7: 15 Maar pas op vir die valse profete
wat in skaapsklere na julle kom en
van binne roofsugtige wolwe is.
‘n Laaste gedagte wat by my opgekom het… Elke mandjie en klei pot is UNIEK, want dit word nie in massas geproduseer in hierdie wêreldsisteem nie.
*JY is uniek*… met ‘n baie spesiffiek roeping op jou lewe! Moenie luister na die slang besweerders uit Egipte en die influisterring v d ou, bekende slang nie. Lees weer aandagtig Psalm 139: 14-16 I will confess and praise You
for YOU are fearful and wonderful and
for the awful wonder of my birth! Wonderful are Your works, and that my inner self knows right well.
My frame was not hidden from You when I was being formed in secret [and] intricately and curiously wrought
[as if embroidered with various colors] in the depths of the earth
[a region of darkness and mystery]. Your eyes saw my unformed substance, and in Your book all the days [of my life] were written
before ever they took shape,
when as yet there was none of them.
Hoe skakel hierdie verder in by ons intimiteit met ABBA YaH?
Bring die vloerplan van ons *ABBA se Tabernakel* nader vir die laaste keer… Ons het die spreekwoordelike top van die berg bereik & bevind ons in die Mees Afgesonderde Vertrek met die *Goue ARK*. Hierdie akasia-hout kis oorgetrek met goud, met 2 gerubs wat dit beskut, het 3 verbondsitems bevat –
• ‘n kruik met *manna*,
• die *staf van Aharon* en
• die *2 kliptafels* met die 10 gebooie….
En wat sien ons nog?
Aan die kant v d TROON, die *koninklike ToRaH* as ‘n Getuie.
VIR BRUIDskap moet ons groei tot hier… kom to op die hoogs-afgesonderde grond van die HUWELIKsverbond…
in absolute EENheid,
in die volheid van intimiteit & verhouding…
in en langs jou Koning!
Op jou pad soentoe, sal die vyand & sy koningkryk sy bes probeer om jou te verontreining en te verhoed… en om jou NET in die voorhof te hou.
As ons geliefde Yahusha die Weg, die Waarheid en die Lewe is, wat verteenwoordig satan?
Dalk die breë afdraai paaie of smaller godsdienstige weg,
die leuen en
die dood!
Hou styf vas aan jou Verlosser, want Hy ken die roete tot in die _Qodesh Qodeshiem_ (Allerheiligste)Exo 23: 20 Behold (hey),
I send an Angel before you
to keep and guard you (zayien)
on the Way (dalet) and
to bring you to the place I have prepared.
Spr 14: 12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood.
Julle weet wat gaan die bruid se behoud wees… soos reeds bespreek… ENsy laat toe dat YaHUaH haar voed met manna in haar binnekamer, en
sy steun op Yahusha se staf vol amandel bloesels, wat daarvan getuig dat YaHUaH wakker is oor SY Woord om dit te vervul en
laastens…sy ag die 10 gebooie hoog en hou die Torah boekrol naby… in haar mond en in haar hart, om haar priesterlike & koninklik rol te kan vervul!
Mag ons as ‘n voorwerp tot eer hierdie 4 Hemelse, verbondselemente BEVAT!
Ek vertrou dat julle saam met my meer verlief is op ons ABBA en Die Bruidegom as ooit tevore!?
Uittreksels uit Hooglied 5 (TPT)10 HE alone is my Beloved.
HE shines in dazzling splendor yet is still so approachable— without equal as HE stands above all others,
outstanding among ten thousand!
14 See how His hands hold unlimited power! But HE never uses it in anger, for HE is always holy (set-apart), displaying His glory.
His innermost place is a work of art— so beautiful and bright.
How magnificent and noble is this ONE— covered in majesty!
15 HE is steadfast in all HE does. His Ways are the ways of righteousness,
based on truth and holiness.
None can rival Him, but all will be amazed by Him.
*Breek Lewende Brood* –
Gen 40: 7-23,
Eks 25: 22,
Deut 26: 1-4 en 10-11,
Deut 30: 14
Deut 31: 26,
Ps 91,
Jer 1: 12,
Eseg 44: 23,
Amos 8: 1&2,
Mat 14: 14-21,
Heb 6: 19&20,
Heb 9: 4,
Open 19: 7
*GebedsGesprek* – Kom ons hef ons oorvol mandjie op en eer YaHUaH vandag opnuut vir ons versorging in gees, siel & liggaam in Sy Huis. Dra jou lewenspad, die goed en sleg weer op aan HOM, en vertrou Hom vir regstellings in die weefwerk v d mandjie waar nodig. In ons najaag v priesterskap, kom ons vra dat ons Wonderbare Raadsman ons sal leer wát rein en wát onrein is, op elke vlak in ons lewens, en ons te ondersteun op hierdie smal pad van meer en meer reiniging. Verklaar opnuut dat jy besef jy is ‘n onvoltooide werk en dat HY asb Sy Hand diep in jou menswees sal steek… Kom ons bid ook dat ABBA YAH vir ons ‘n binnekring v geesvervulde mense sal oprig, wat instrumente in Sy Hand in jou lewe kan wees… in elke seisoen en elke fase. Laat ons ons harte weer wyd oopmaak vir manna v BO, vir die opneem v ons outoriteit in Yahusha, maar altyd in lyn met die suiwer Woord… Mag die Ruach die gebooie op die tafels v ons harte skrywe… Vertoef ‘n wyle in ABBA se vrede en teenwoordigheid… Vra wat Hy vir jou wil sê…? Wag dan op Hom
Dit is vir my interessant dat dit juis die BAKKER in Genesis 40 was, wat sy lewe verloor het… Die 3 mandjies laat mens dadelik dink aan verbond? In konteks v Egipte, waar die slang-god aanbid is… was sy brode dalk ingesuur met ware doktrines… wat misleiding ontbloot het? Net ‘n gedagte…
Kom ons spits ons ore vir die VerbondsInhoudDeut 28: 1 *AS jy dan goed luister* na die stem van YaHUaH jou Elohiem
om *sorgvuldig te hou al Sy gebooie* wat ek jou vandag beveel,
*DAN* sal YaHUaH jou Elohiem jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
En…
5 *Geseënd sal wees jou mandjie* en
jou bakskottel.
Die voedsame Skrif vat als so mooi bymekaar 2 Cor 4: 7-9 However,
we possess this precious treasure [the divine Light of the Gospel]
*in [frail, human] vessels of earth*, that the grandeur and exceeding greatness of the power may be shown to be from Elohim
and not from ourselves.
We are hedged in (pressed) on every side [troubled and oppressed in every way],
but not cramped or crushed;
we suffer embarrassments and are perplexed and unable to find a way out, but not driven to despair;
We are pursued (persecuted and hard driven),
but NOT deserted [to stand alone]; we are struck down to the ground, but NEVER struck out and destroyed…
Selah.. .
Kyk op na die sterre kind van Abraham, en kyk hoe wyd is Sy guns & trou oor ons uitgespan!
Yedayah

