
YADA PRAYER JOURNEY DAY 3
Opgestel vir 11.07.2025
Tema : Ghimel, Jou Metgesel & Vriend
Ek groet julle in die Naam v. Yahusha… die Liefhebber v jou siel!
Om te ondersteun wat ons gister bespreek het, net die volgende Skrifte

John 14: 23 Yahusha answered,
*If a person [really] loves Me, he will keep My Word [obey My teaching];* and
My Father will love him, and
WE will come to him and make Our home (abode, special dwelling place) with him.


Mat 5: 8 Geseënd is die wat rein van hart is,
want hulle sal Elohiem sien.
Ek voel weereens oorweldig oor die detail waarmee ABBA ons lei, en hoe HY als tydens so ‘n reis kom bymekaar sit… om ons “die hof te maak”.
Vandag is die 3de letter Ghimel en die brandoffer altaar onder die vergrootglas! Kom ons bedink weer die volgorde van hierdie Hemelse letters… Ons móét eers saam met die Skepping kan getuig WIE die AlleenEienaar v d hemel & die aarde is, Wie die Almagtige ”Alef”is, die Een wat waardig is om aanbid te word… dán, deur algehele oorgawe, word ons weerGEBORE IN Sy Huis in en kan jy kwaliteit tyd met Hom spandeer… en sodoende, afhangend van ons fokus & keuses, word HY ons Vriend & Metgesel wat die pad saam met ons stap. Dit is ook die hebreeuse denkwyse rondom ‘n herder! Lees hierdie ou bekende Psalm in ‘n nuwe vars vertaling (TPT)

Ps 23: 1 YaHUaH is my best Friend and my Shepherd. I always have more than enough.
2 He offers a resting place for me in His luxurious love. His tracks take me to an oasis of peace, the quiet brook of bliss.
3 That’s where He restores and revives my life. He opens before me pathways to Elohim’s pleasure and leads me along in His footsteps of righteousness so that I can bring honor to His Name.

*My gedagtes rondom die GHIMEL* – dit word voorgestel deur ‘n *voet of kameel,* en beteken om _op te hef, trots, om te versamel & wandel, reis_… Verder word *DRIE* sterk verbind met VERBOND vir verskeie redes waaroor ek meer per stem boodskap sal deel… Wat sien ons hier…? In ons saamstap met Vader en ons Messias moet ons waak teen trots, en om onsself of “afgode” te verhef… Soek ons werklik ons Elohiem se wil & siening in alles…? OF sê ons dikwels… “maar dit is wat vir MY belangrik is”… en “dit is MY keuse”… OF ”dit is maar hoe EK is..”?
As ons wel elke dag saam ABBA YaHUaH stap, tree vir tree… dag vir dag… sal ons HOM uit eie ervaring leer ken en openbaringe & wysheid saam Hom versamel soos ons gaan… Ek dink weer aan Henog… want hy het saam met YaHUaH gewandel! En weet julle wat so wonderlik v d hebreeuse taal is… dit bevestig altyd op ‘n diepere vlak….
Raai wat!? Ons tema woord YaDA het ook mos ‘n gewig v DRIE! Geliefde… dit is die draad v d hele Woord & Vader se HART… dit gaan alles oor ‘n *verbondswandel* … oor ‘n *intieme verhouding* wat moet verdiep hoe dieper jy die tabernakel ingroei… Gaan lees weer in die inleiding die definisie daarvan…
Die slotsom… dit gaan oor ‘n *verbondsLEEFSTYL* . Om voortdurend bewus te wees
dat YaHUaH SY Hand uitsteek na jou, wag om JOU in Sy Tent te ontvang…
bewus dat SY oë op jou rus

Gen 17: 1 When Abram was ninety-nine years old, YaHUaH appeared to him and said,
I AM the Almighty Elohim; walk and live habitually before Me and be perfect
(blameless, wholehearted, complete).
2 And I will make My covenant (solemn pledge) between Me and you and will multiply you exceedingly.
3 Then Abram fell on his face…

Wat leer hierdie teks oor kind v Abraham wees?

Eph 5: 15-17 *Look carefully then how you walk!*
Live purposefully and worthily and accurately,
not as the unwise and witless,
but as wise (sensible, intelligent people),
Making the very most of the time [buying up each opportunity],
because the days are evil.
Therefore do not be vague and thoughtless and foolish,
but understanding and firmly grasping what the will of YaHUaH is.
Wow! Kragtig en baie om deur te bid en te bedink…
En op hierdie lewenspad, geliefses… is YaHUaH altyd daar

om vertroosting te bring en jou kop weer op te lig…

om jou te onderrig soos ‘n man Sy “seun” onderrig…

om jou te vergesel deur die goed en die sleg…

om ons siele te genees & te bevry…
KEN (YaDA) ons Hom in en deur alles… of nader ons Hom net met ‘n lys versoeke…?
En waaruit bestaan ons as mens se LEWEnswandel?

T Y D… ‘n BAIE waardevolle item in ons hedendaagse lewe! MAAK ons tyd vir die Een wat tyd geskep het… wat ‘n WEG gebaan het van hierdie realm terug na HOM. Kom ons gesels bietjie oor tyd…
Kom ons blaai na Vader se *Vasgestelde, Ewige Afsprake* vlgs Levitikus 23…? Ag ons HOM belangrik genoeg om op te daag vir wanneer die Hemel “neerbuig” na die aarde?
Elkeen v d AGT afsprake (Sabbat ingesluit) is ‘n tyd waar daar ‘n “oop hemel” is… en het die potensiaal om lewensveranderend te wees… en dit is soos DEURE in tyd… Ek is ook v mening dat daar met *sonsopkoms en sonsondergang* so ‘n geleentheid is om “afgesonderde grond” te betree….
Geliefde, daar moet TYD ingeruim word vir intimiteit en dan moet ons ook heelhartig DAAR wees… Dink bietjie hoe jy iets of iemand wat vir jóú belangrik is prioritiseer elke dag…? Hoeveel tyd maak ons nie elke dag vir ons fone en sosiale media…?

Dan is dit ook belangrik om gedurende jou stap saam YaHUaH, telkemale *gehoorsaamheidstappe* te neem soos bv om gedoop te word in water & met die Gees, of enige iets wat HY op jou hart druk om te doen…
Ek hoor Paulus sê: KOOP DIE TYD UIT! Wat beteken dit prakties?
*Ons moet ons lewens vereenvoudig!* Alles is ‘n keuse… Laat ons onsself eerder beywer vir dinge wat ewigheidswaarde het… en bemoei met Koninkryksake. Maak dit ‘n ernstige saak v gebed…
Ek wonder as ek ‘n tydlyn of grafiek moes teken v my eie lewe tot op hede… hoeveel daarvan het behoort aan die EEN wat my vrygekoop het?
Kom ons MAAK ook tyd vir die suiwer Woord… vir gebedsGESPREK… vir stil word voor SY Beeldskone Aangesig… vir ‘n besoek aan die Hemelse Tabernakel…

Dis weer tyd vir die *Ewige Bloudruk v d Tabernakel*…
Wanneer ons deeglik gereining is by die waskom, stap ons saam oor na die *koper brandoffer altaar*…
plek van ontmoeting…
plek van aanbid…
plek v sterf aan self…
plek van opOFFERinge…
plek van ontvang!
Kom ons draai net vir so oomblik om en kyk wëér na die onuitputbare waskom gevul met die water v d Woord… Ons vergeet dikwels om te kyk of ons *VOETE* (ook Ghimel) ook skoon is? Wat beteken dit, Yedayah? Dit spreek ook van jou lewenspad wat jy gestap het tot hier…
Hoe lyk dit agter jou…?
Is dit netjies & opgeruim?
Spreek dit van lewe of spreek dit van dood & vernietiging?
Wat is die toestand v jou verhoudinge…?
Ons bemerk dan dat *nabetragting en retrospeksie*, net so belangrik is as introspeksie.
Die waskom verkondig egter dat dit nooit te laat is, om dit reg te stel nie…
Kom ons neem weer ons plekke in by die altaar… met die afmetings
5 x 5 x 3 el…
Offer in hebreeus is _”korban”_ en beteken o a “om te nader”… en die Vader verklaar

Jak 4: 8 *Nader tot Elohiem, en Hy sal tot julle nader.*
Reinig die hande, julle sondaars, en
suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Ek het onlangs iets kosbaar geleer… dat diep verhoudinge in hebreeus “krôviem” is… en dat die wortelwoord daarvan “korban” is! Met ander woorde “om te offer”… Wanneer ons weer die afmetings bestudeer dan neem ons waar dat alle partye wat hier rondom vergader… al die lede van die groter HUIShouding bereid moet wees om guns (5) te betoon EN om gehoorsaam (5) te wees aan die verbond (3)sinhoud (Torah & volledige Woord)…. Enige diep verhouding verg opofferinge….
Wat het ons geliefde Messias geleer…

Mat 5: 23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en
dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het,
24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en
*gaan versoen jou eers met jou broer*, en kom dan en bring jou gawe.
Selah… Bedink dit…
Kosbare mede reisigers op hierdie smal, afgesonderde, koninklike WEG… mag ons harte warm begin brand soos die Emmaus gangers sin, toe Yahusha self die Torah & profete vir hulle oopgebreek het en hulle harte brandend in hul was!

Luk 24: 27 En HY het begin van Mosheh en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het…
32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

*Breek Brood* –
Gen 6: 9,
1 Sam 15: 23,
Ps 3: 3,
Ps 5: 3&4,
Ps 16: 11,
Ps 23 ,
Ps 24: 3&4,
Ps 26: 6,
Ps 37: 23-25,
Ps 62: 1&2,
Spr 16: 25,
Jer 6: 16,
Mat 6: 19-21,
Fil 2: 9-12,
Jak 2: 23,
Jak 4: 6-10

*GebedsGesprek* – Dink terug… en dank ABBA vir al die mooi herhinneringe en vir elke keer wat HY daar was vir jou. Bely wat neem jou liefdevolle Vader se plek in jou lewe… in terme van tyd, energie en fokus in… Dalk is daar te veel v die EIE EK wat neergelê moet word in die vorm van selfsug, self regverdiging en verskonings ens… Bely ook gehoorsaamheidstappe wat jy nie geneem het nie…. Sit dalk met ‘n skottel water en was jou voete… en vra jou Wonderbare Raadsman wat jy moet bely en waar jy nodig het om reg te maak rondom die pad agter jou… en dra jou lewenspad van nou af vorentoe, opnuut aan HOM op. Nooi YaHUaH, jou Verlosser en die Gees om jou dieper te onderrig rondom Verbond en al Sy weë…
Ek sluit af met…

Ps 62: 8 Trust in, lean on, rely on, and have confidence in Him at ALL times, you people;
*pour out your hearts before Him*.
YaHUaH is a Refuge for us (a fortress and a high tower).
Selah [pause, and calmly think of that]!
Ek glo daar is ‘n nuwe huppel in jou stap!!

Yedayah

