
ONTHULLING VAN YAHWEH SE MEESTERPLAN
Wonder jy ook hoekom is “Paasnaweek” elke jaar op ‘n ander datum? Weet jy dat Yahweh vir ons in Sy Woord presies sê wanneer ons hierdie gebeurtenis moet herdenk? Besef jy die datums van hierdie jaar se “Paasnaweek” 29 – 31 Maart 2024 is nie die regte datums nie? Wie bepaal die regte datums en hoekom?
Het jy geweet daar is Bybelse Heilige Dae wat vir ons deurgegee is van die begin af deur Yahweh wat ons moet onderhou en wat vir ewig sal bly staan as ons Hom gekies het om te dien? Verstaan ons dat hierdie Heilige Dae nie “Joodse Heilige Dae” is nie, maar YAHWEH se vasgestelde afsprake wat Hy met elke gelowige het? Besef jy hierdie Heilige Dae van YAHWEH is sy Meesterplan vir die mensdom en dat Sy Seun, Yahshua, ‘n groot rol speel in elkeen van hierdie 7 feeste en dat dit nie ‘n “Ou Testamentiese ding” is nie? Ons doen dit sodat mense kan weet dat dit Yahweh is wat ons Heilig en dat dit ‘n TEKEN is van ons geloof, respek en liefde vir Hom.
Kom stap saam met my die “Ancient Path van Yahweh” van suiwer Bybelse doktrine en ontdek so die waarheid wat nog altyd van ons weerhou was. Stel jou gees oop om deur Ruach Hakodesh bedien te word sodat Abba Vader vir jou Sy Meesterplan kan oopvou en toelaat dat Yahshua die tafels van religion omkeer en jou lei in die waarheid. “And you will know the truth, and the truth will set you free. Therefore, if the Son sets you free, you are free indeed.” (John 8:32,36)

Die Heilige dae, deur Yahweh ingestel, versinnebeeld Yahweh se Meester plan vir die mensdom. Yahweh se seun, Yahshua die Messias, speel die sentrale rol in die Vader se plan vir die mens. Yahweh se plan word uitgebeeld in die sewe, jaarlikse feeste / heilige vierdae. Dit skets, stap-vir-stap, hoe Yahweh te werk gaan en elke heilige vierdag verteenwoordig ‘n groot gebeurtenis in Yahweh se plan.
Die onthulling van Yahweh se jaarlikse feeste het eers begin na die vrylating van die Israeliete vanuit Egipte. Net soos die Sabbat ingestel was vir die mens na die skepping van die man is die sewe jaarlikse feeste, elk met hul Heilige dae (Sabbatte) geskep toe Hy die gemeente vir die Israeliete gestig het in die wildernis. Yahweh het by Sinai ‘n verbond met Israel gesluit, maar hulle het die belofte om die Heilige Gees te ontvang verwerp, daarom kon hulle nie die betekenis van die jaarlikse feeste verstaan nie.
Ten spyte van die Israeliete se kortstondige kennis het Yahweh die Heilige Dae ingestel om vir ewig behoue te bly, en daarom het die Messias die Heilige Dae waargeneem, asook die gemeente deur Yahshua gestig in 30 A.D. Dit is ook die rede hoekom die gemeente van Yahweh die Heilige vierdae vandag nog getrou waarneem. Net soos die weeklikse Sabbat ‘n teken is tussen Yahweh en Sy volgelinge, net so is die jaarlikse Heilige vierdae ‘n teken.
“Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik My sabbatte onderhou, want dit is ‘n TEKEN tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahweh is wat julle heilig.” (Exodus 31:13)
“Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van Yahweh wat julle moet uitroep as HEILIGE SAMEKOMSTE, dit is MY feestye. Dit is die feestye van Yahweh, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.” (Leviticus 23:2,4)
“Dit is die feestye van Yahweh wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan Yahweh ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe; behalwe die sabbatte van Yahweh en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan Yahweh gee.” (Leviticus 23:37-38)
Vanuit die teksverse is dit duidelik dat die feeste deel vorm van Yahweh se wet en dat dit nie verval het toe die Sinai verbond ten einde gekom het met die opoffering van die Messias nie. Yahweh se wonderlike plan word jaarliks deur Sy Nuweverbondsgelowige kinders gerepeteer deur die waarneming van Sy Heilige vierdae. Dit is ‘n herinnering van Yahweh se plan en die rol wat ons daarin vertolk. Levitikus 23:2 stel dit duidelik dat ons “heilige samekomste” moet waarneem. Met die waarneming van Yahweh se Heilige Dae repeteer ons vir die wederkoms van Yahshua sodat ons ‘trouklere’ skoon en gereed sal wees wanneer ons Hom sien.

Yahweh se Spirituele Insameling
In die eertydse sowel as moderne Israel is daar ‘n klein lente oes van graan, gevolg deur ‘n groter, laat somer vroeë herfs oes. Hierdie jaarlikse landbou oeste is simbolies van Yahweh se spirituele oes van die mensdom. Die Messias en die apostels het deur hul leerstellings geïllustreer dat Yahweh die lente oes simbolies gebruik as ‘n spirituele insameling van “eerstelinge” voor die Messias se wederkoms, met ander woorde, die oes van eerstelinge word die “eersteling” oes (First Fruit) genoem en is ‘n relatiewe klein begin van Yahweh se spirituele insameling van mense in Sy familie. Jakobus 1:18 “Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.”
Levitikus 23 gee ‘n opsomming van die jaarlikse feeste. Die eerste drie feeste, wat begin met Pasga, is ter nagedagtenis van die eerste deel van Yahweh se Meester Plan en handel oor die roeping van die eerstelinge deur die werke van Messias. Die laaste vier feeste van die groter herfs oes versinnebeeld die toekomstige roeping (na die wederkoms van Yahshua) van duisende, miljoene mense as familielede in Sy Koninkryk.
Die Heilige dae het deur die eeue heen behoue gebly deur Yahweh se gemeente. Hierdie les fokus op die simboliese betekenis van die EERSTE VIER Heilige dae en bespreek hoe relevant dit vandag is vir ware gelowiges. Die doel is om te verstaan hoe geweldig belangrik Yahweh se feeste in ons lewens is.
KALENDER KOPKRAPPERS

Die wêreld se kalender kom uit met verskeie publieke vakansie dae, skoolvakansie dae en ander belangrike wêreldse datums waarvolgens ons beplan. Of ons beplan om vakansie te gaan hou by ons gunsteling vakansie oord gedurende skoolvakansie of ons beplan ons jaarlikse verlof rondom ‘n klomp ander publieke vakansie dae sodat ons verlof termyn langer kan wees sodat ons langer kan rus. So beplan die wêreld ook rondom Paasnaweek, Kersfees, verjaarsdae, valentine, halloween en ander wêreld ingestelde spesiale- of vakansie dae.
Elke land en selfs in ons land se geval, het elke provinsie, verskillende skoolkwartale en mag die skoolvakansies dalk van provinsie tot provinsie verskil. So is dit ook met die verkillende lande en elkeen het sy eie “kalender” van publieke- en skoolvakansie dae. Wat ook nie onderhandelbaar is nie, is elke skool se skoolrooster. Elke skool se periodes en skoolrooster, met al die ander binne- of buitemuurse aktiwiteite verskil, en daar word streng daarvolgens gehou.
Met dit in ag geneem, en die wete dat ons almal op ‘n manier “gebind” is op ‘n wêreldse kalender waarvan niemand dit net kan verander soos hy wil nie, is dit tog iets wat ons slaafs nakom en streng daarvolgens hou >>> maar ons steur ons nie aan Yahweh se Heilige Dae nie?
Niemand bevraagteken die datums wat op die Romeinse / Gregorian kalender aangebring word nie en wonder of dit inlyn is met Yahweh se Bybelse Heilige Dae nie? Niemand vra hoekom is Paasnaweek elke jaar op ‘n ander datum nie? En as jy dit vra, weet niemand wat om te antwoord nie. Ons stap maar soos skape agter die voorste kalender-skaap aan en durf nie uit ons baan gaan nie of enige iets te bevraagteken of te verander nie. As die hele wêreld so maak, dan maak ons ook so, want hoekom sal die hele wêreld dan verkeerd wees en net ‘n handjie vol reg?

SPRING VAN EEN RELIGION OOR NA ‘n ANDER RELIGION
Die Jode het self hulle eie mensingestelde klomp reëls ingebring en stertjies aangelas en oortjies aangeplak en gehardloop met Religious Kabala wat gladnie inlyn is met YAHWEH se Woord nie. Omdat ons YAHWEH se Heilige Dae eerbieding en uit gehoorsaamheid hulle nakom, beteken nie ons spring van een religion oor na ‘n ander religion toe nie.
YAHWEH se Heilige Dae is nie “Joodse Heilige Dae” nie. Die Jode was maar net die eerste (en enigste Volk) wat van die begin af YAHWEH se Heilige Dae eerbieding het en dit uit gehoorsaamheid nagekom het van die begin af, tot vandag. Maar omdat ons “inge-ent” is by die Olyf Boom (Rom 11:17), maak dit ons deel van die Verbond wat ook met Israel gesny was. Ons spring nie blindelings van een religion oor na ‘n ander mense ingestelde religion in nie, ons bestudeer YAHWEH se Woord en ons volg Sy Woord streng volgens Sy opdragte en Sy Heilige Dae wat Hy ingestel het vir elkeen wat deel wil wees van Sy Verbond en daarin loop.
OU TESTAMENTIES?
“And YAHWEH spoke to Moses, saying, Speak to the sons of Israel, and you shall say to them, the set feasts of YAHWEH which you shall proclaim as Holy Gatherings, shall be these: These are My Appointed Feasts: Work is to be done six days, and on the seventh day shall be a Sabbath of rest a holy gathering; you shall do no work; it is a Sabbath to YAHWEH in all your dwellings. These are Appointed Times of YAHWEH, Holy Gatherings which you shall proclaim in their appointed seasons:” (Leviticus 23:1-4)
Tweemaal in hierdie 4 verse word daar genoem dat dit YAHWEH se feeste is en SY afsprake wat Hy het met ons. Daarom bevestig hierdie Skrifgedeelte dat dit nie Joodse feeste is nie, maar ons Skepper YAHWEH se feeste. Ons leer ook uit hierdie 4 verse dat die Sabbath apart is van die ander Heilige Dae en Feeste van Yahweh en dit is nie te sê dat hierdie 7 Heilge Feeste elke keer op ‘n Sabbath gaan val nie. Ons gaan op ‘n volgende plasing meer gesels oor die weeklikse Sabbath.
Let wel, dit word nie “feeste van die Jode” of “feeste van Moses” genoem nie. Dit word die feeste van Yahweh genoem. Yahweh het dit vir Sy volk ingestel om jaarliks waar te neem. Dit staan ook nie apart van die Sabbatdag nie en is ‘n bevel om jaarliks waargeneem te word net soos die Sabbatdag weekliks waargeneem word. Daar is baie mense wat die Sabbatdag waarneem maar verkeerdelik glo dat hulle nie die ander Heilige dae hoef waar te neem nie. Levitikus 23: 37 en 38 wys duidelik dat hulle ‘n fout begaan in hul denkwyse en dat die sewe Heilige Dae, sowel as die weeklikse Sabbatdag geheilig moet word.
Nou sê jy vir my, maar hierdie staan in die Ou Testament want dit is mos nie meer van toepassing op ons nie? Dan vra ek vir jou, waar in YAHWEH se Woord het Hy ooit gesê ons moet nie meer hierdie Heilige Dae nakom nie? Selfs Yahshua en Sy dissipels het hierdie Heilige Dae nagekom en nie een van hulle het in een van die Evangelies of ander boeke in die Nuwe Testament enigsins vir ons deurgegee dat hierdie Heilige Dae nie meer van toepassings is op ons nie? In teendeel het hulle dit steeds nagekom en is daar genoeg bevestigings in die Skrif om dit te bewys, waarby ons wel gaan kom in hierdie teaching.
Wanneer die Nuwe Testament bestudeer word, word dit duidelik dat die jaarlikse feeste ‘n nuwe betekenis aanneem in die gemeente van Yahweh. Yahweh se leerstellings en voorbeeldige lewe laat ons opnuut verstaan wat die heilige dae beteken en hoe dit waargeneem moet word.
Besef jy dat elkeen van hierdie 7 Heilige Feeste ‘n profetiese heenwyse is wat Yahshua vervul? Elkeen op presies die dag, op presies die fees, op presies die datum soos YAHWEH dit in die Ou Testament deurgegee het! Omdat ons Elohim ‘n God is van detail, is Sy datums ook op vasgeselde, presiese tye, presies in detail, waarin Hy presies vir ons vertel wanneer hierdie fees is, op presies die maand en dag. So waarom sal die Gregorian- en Romeinse Kalenders dan daarvan afwyk en ons hierdie wêreldse kalenders so slaafs navolg?

YAHWEH se HEILIGE DAG Nr.1 – PESACH / PASSOVER
Daar is heelwat Jood-ingestelde feeste op die Hebrew Calendar soos Tu B’shevet, Purim, Yom Hashoa, Tisha B’av, Simchat Torah en Chanukah wat pragtig, oulik en alles is, maar gladnie deel is van YAHWEH se Heilige Dae nie. Maar ons gaan nie kyk na hierdie feeste nie, ons kyk net na wat YAHWEH vir ons aandui in Sy Woord wat Sy Heilige Dae is en dit is hierdie dae was ons uit gehoorsaamheid ook sal nakom en Heilig soos Hy ons versoek.
Kom ons kyk hoe trek YAHWEH die parallel lyn deur die Ou Testament na die Nuwe Testament met hierdie Heilige Dage.
Net vir interessantheid: YAHWEH het van die begin af die dae genoem “Dag Een, Dag Twee” ens. en nie name daarvoor deurgegee nie, so ook vir die maande. Hy het gepraat van “Maand Een en Maand Twee”, ens. Die name van die dae en maande was later deur die Jode gegee. Ons kan die maande parallel trek soos Hy dit deurgegee het presies in die geskiedenis lyn van die Jode, dus weet ons presies na watter maand daar verwys gaan word met Sy Heilige Dae/Feeste want dit word gekoppel aan wat met die Jode gebeur het in die Ou Testament en dan kom vervul YAHSHUA dit in die Nuwe Testament.
EERSTE HEILIGE DAG – PASGA / PESACH
Eerstens gaan ons kyk na Exodus 12 waar YAHWEH met Moses praat oor die laaste plaag wat Hy gaan bring oor Egipte, voordat die Israeliete deur Pharoh vrygelaat sou word. Soos ons reeds weet was dit die bloed wat op die deurposte geverf moes word, sodat die eersgeborene SEUNS nie sou sterf nie. Maar kom ons kyk fyner na die datums wat YAHWEH deurgee hier vir die Israeliete en hoe ons dit kan deurtrek na die eerste Heilige Fees datum en hoe YAHSHUA dit vervul het, op PRESIES dieselfde datum.
Exodus 12:1 “And Yahweh said to Moses and to Aaron in the land of Egypt, saying, (verse2) ‘This month shall be the head of months for you. It shall be the FIRST MONTH (1) of the year for you. (verse3) Speak to all the congregation of Israel, saying, ‘On the TENTH of this month, they shall each take for themselves an animal of the flock for a father’s house, a flock animal for a house. (verse5) A flock animal, a MALE WITHOUT BLEMISH, a yearling, shall be to you. (verse6) And it shall be for you to keep until the FOURTEENTH (14) DAY of this month. And all the assembly of the congregation of Israel shall kill it BETWEEN THE EVENINGS.”
Soos ons hierdie Bybel verhaal al voorheen gelees het, weet ons dat die Israeliete hierdie opdrag uit gehoorsaamheid nagekom het om hulle seuns te red van die dood, en hulle deurkosyne met bloed gesmeer het wat ook dan later die EERSTE HEILIGE FEES van YAHWEH sou word en ook ‘n Profetiese heenwyse of skadu was van YAHSHUA se Bloed wat ons ook red van die ewige dood op PRESIES dieselfde dag en datum.
Die instelling van die eerste Pasga.
Eksodus 12:1-14, 21-27 – Die Pasga is die eerste fees deur Yahweh ingestel om jaarliks herdenk te word en illustreer die eerste stap in Yahweh se groot Meesterlike Plan van verlossing vir die mensdom. Die Pasga was ‘n jaarlikse herinnering van Yahweh se ingryping in Egipte ter bevryding van die Israeliete se eersgeborenes van die dood en is terselfdertyd ook simbolies van die groot opoffering van Yahshua die Messias, “ons Pasgalam” vir die sondes van die mens. (1 Kor 5:7, 1 Pet 1:18-19)
Hou ook nou in gedagte wat ons lees in vers 2 waar ons leer watter maand is die “HEAD OF THE MONTHS / MONTH ONE” wat beteken die begin van die Bybelse Jaar waarvan ons die naam kry in Exodus 13:4 “Today, in the month of AVIV you are going out.” Want dit was die maand wat hul die bloed aan die koesyne gesmeer het (DAG 14) en ook dieselfde maand wat hul uit Egipte gelei was – die maand van AVIV (Nisan) – die eerste maand van die Bybelse Jaar.
Om die parallel te begin trek van Exodus 12 na Levititicus 23 waarin YAHWEH die presiese datums van die feeste gaan begin deurgee kyk ons na vers 5 : “In the First Month (1), on the Fourteenth (14) of the month, between the evenings is the PASSOVER to YAHWEH.” Hier gee YAHWEH die presiese datum deur van wanneer Sy eerste Heilige Fees gevier sou word. Op die EERSTE MAAND (1ste) en op die VEERTIENDE (14de) dag. In fyn besonderhede word dit vir ons deurgegee. (Vir my is dit baie interessant dat Yahweh hierdie Heilige Dae se presiese maande en dae deurgee, maar nêrens Yahshua se geboorte datum deurgegee het nie? Daar is beslis ‘n rede daarvoor.)

PROFETIESE VERVULLING DEUR YAHSHUA
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahweh is die ewige lewe in Yahshua Messias, onse Meester. (Romeine 6:23)
Na Yahshua se dood word die Pasga met nuwe simbole van wyn en ongesuurde brood gevier en het ‘n jaarlikse herdenking geword van Sy offer en ons verbondsverhouding wat begin by die doop. Yahshua het die realiteit geword van dit wat die Pasgalam voorgestel het.
Yahweh beveel, nog voor Sinai, dat die Pasga vir ewig ‘n gedenkdag moet wees.
Eks 12:14 “En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van Yahweh vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier.”
Eks 12:24 “Onderhou dan hierdie saak as ‘n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.”
Yahshua het die Pasga waargeneem
Joh 2:13 “En die Pasga van die Jode was naby, en Yahshua het opgegaan na Jerusalem.”
Joh 2:23 “En toe Hy in Jerusalem was op die Pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.”
Al die Heilige dae wys na die verlossings werk wat die Messias gedoen het ter verlossing van ons sondes. Was Hy werklik die Pasga lam? 1 Kor 5:7 “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Messias.”
Die nuwe bevel deur Yahshua gegee rakende die waarneming van die Pasga
Joh 13:1-5 “En voor die fees van die Pasga het Yahshua, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. En gedurende die maaltyd – die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai het Yahshua, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van Elohim uitgegaan het en na Elohim heengaan, van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ‘n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ‘n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.”
Joh 13:14-15 “As Ek dan, Die Meester en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Joh 13:15 Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.”
Kortliks voor die dood van Yahshua het Hy ‘n nuwe manier ingestel om die Pasga waar te neem
Luk 22:19-20 “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. Luk 22:20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.”

Die dissipels moes heengaan en dit vir die res van die wêreld leer.
Matt 28:19-20 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
Hier is dit duidelik dat Yahshua NIE gesê het dat die Pasga nooit weer herdenk moet word NIE, maar dat Hy slegs die simbole verander het. In plaas daarvan om jaarliks die bloed van ‘n lam te giet en die brand geroosterde vleis te eet, eet ons die ongesuurde brood en drink ons die wyn.
Die Nuwe Testamentiese Pasga is ‘n bevel om jaarliks waargeneem te word as herdenking aan die lyding en dood van Messias. Die ewige lewe word aan ons geskenk deur Sy vlees te eet en Sy bloed te drink, gesimboliseer deur die deelname in die eet en drink van die ongesuurde brood en wyn (Johannes 6:32, 33, 35, 50, 51, 53-58).

WANNEER NEEM ONS NAGMAAL?
Die Pasga herbevestig jaarliks dat die Messias weer kom (“…totdat Hy kom.”) 1 Kor 11:26 “Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van Yahweh totdat Hy kom.”
Die simbole van die Pasga is NIE vir daaglikse, weeklikse of kwartaallikse gebruik nie, maar vir die jaarlikse herdenking van Yahshua, die Seun van Yahweh se offer. Eks 13:10 “Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor BEPAALDE tyd, van jaar tot jaar.”
Die “bepaalde tyd” in die geval om te verstaan wanneer mag ons die nagmaal neem ter nagedagtenis van Yahshua se doodstraf, is dan op die eerste maand op die veertiende dag. Nêrens in YAHWEH se Woord, kry ons die opdrag dat ons hierdie tekens daagliks, weeksliks of maandeliks moet vat nie. 364 Dae van die jaar verkondig ons die lewende Yahshua Ha Mashiach. Mense moet Yahshua deur ons leefwyse herken, sodoende sal ons daagliks ‘n lewende offer vir Hom wees (Rom 12:1,2). Maar, een dag per jaar, op die 14de van die Eerste maand, Aviv (gewoonlik April) volgens Yahweh se kalender, herdenk ons ‘n sterwende Messias ter nagedagtenis van die offer wat Hy gemaak het sodat ons sondes vergewe mag word. Dit is ook elke jaar ‘n herbevestiging van die Verbond wat ons gesny het tydens die onderdompelingsdoop.
Die geloof van ‘n volgeling van Yahshua word vertolk in die bloed van die Messias, ons Paaslam (1 Kor 5:7) vir die vergifnis van sonde, gesimboliseer deur die drink van die wyn. Die eet van die gebroke, ongesuurde brood simboliseer die geloof in die liggaam van Messias wat brutaal geslaan en gegesel was deur die Romeine. Deur die inname van die simbole demonstreer dit ons totale toewyding aan Yahweh en Sy voorgeskrewe leefstyl vir ons, asook ons bereidwilligheid om deel te hê aan die Messias se leiding deur te lei as ‘n dissipel vir geregtigheid (Rom 8:17; 1 Pet 2:19-25).
Die Messias het die marteling verduur en Sy lewe prys gegee sodat ons deur die geloof in Sy gebroke liggaam en bloed van ons sondes vergewe mag word, sodat Hy in ons lewe en ons in Hom (Heb 10:19-20; Joh 6:53-58).
Let wel, die gemeente wat deur Yahshua opgebou was het die Pasga en Fees van Ongesuurde brood waargeneem, NIE PAASFEES NIE. Die woord “paasfees” in Handelinge 12:4 in die King James weergawe is ‘n verkeerde vertaling van die Griekse woord “pascha” Dit moet lees “Pasga” soos wat dit in alle moderne vertalings voorkom.
Die Pasga sal weer deur die Messias waargeneem word wanneer Hy die Koninkryk van Yahweh op aarde vestig.
Matt 26:29 “Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.”
Luk 22:15-16 “En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pasga met julle te eet voordat Ek ly. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van Yahweh vervul is nie.”
Intussen moet ons die Pasga hou as ‘n jaarlikse herdenking aan die Messias se leiding en dood. 1 Kor 11:24 “en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” Yahshua het Sy dissipels beveel om die Pasga ter ere van Sy nagedagtenis waar te neem tot Sy wederkoms. Die dissipels het dit heilig gehou en daarom is daar tot vandag toe nog gemeentelede van Yahweh wat die Pasga waarneem.
Indien ‘n gedoopte, verbondsgelowige nie deelneem aan die jaarlikse simbole van die Pasga nie, sal hul afgesny word van die verbondsverhouding. Num 9:13 “Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die Pasga te hou, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van Yahweh nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.”
HEILIGE DAG NR.2 – Die Fees van Ongesuurde brood

Die Fees van Ongesuurde brood is die tweede fees, dus tweede stap in Yahweh se Meesterlike plan vir die verlossing van die mensdom. Die Messias, “ons Pasga” (1 Kor 5:7) het vir ons sondes gesterf. Ons moet dit aanvaar, ons sondes bely en daarna aanvaar dat dit vergewe is en streef om sonde heeltemal uit ons lewe uit te skei. Op 18:4 “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” Ons moet van uit die wêreldse tradisies en maniere weg beweeg, net soos Israel uit Egipte, ‘n skadu van sonde, weg beweeg het (Heb 11:25-26).
Ons deel in Yahweh se Meester plan is om te streef om sonde uit ons lewe te skei. Die tweede, jaarlikse fees help ons hiermee. Deur die waarneming van die week van ongesuurde brood help dit ons om willens en wetens te streef om nie terug te keer na die sonde waarvoor Yahshua alreeds deur Sy bloed betaal het nie.
Yahweh het direk na die Pasga die Israeliete beveel om die Fees van ongesuurde brood waar te neem.
Eks 12:17-20,24 “Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ‘n ewige insetting hou. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand. Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ‘n vreemdeling is of ‘n kind van die land. Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet. Eks 12:24 Onderhou dan hierdie saak as ‘n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid. “
Let wel, die Fees van ongesuurde brood was deur Yahweh ingestel voor die Israeliete die Berg van Sinai bereik het, selfs nog voordat hulle uit Egipte weggetrek het. Dit was deur hul nageslagte waargeneem as ‘n ewige instelling.
Die Fees van ongesuurde brood begin op die 15de Aviv, die dag na die Pasga, en duur vir sewe dae tot die 21ste Aviv. Die 15de en die 21ste is spesiale, jaarlikse Sabbatte, heilige samekomste, dae van rus en lofprysing aan Yahweh. Suurdeeg, in die geval, is bestanddele soos gis, bakpoeier en koeksoda wat deeg sal laat rys deur die vorming van koolstofdioksied in die beslag.
Is suurdeeg ‘n simbool van sonde?
Matt 16:6 “Daarop sê Yahshua vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”
1 Kor 5:8 “Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.”
In die Bybel word suurdeeg ‘n hele paar keer gebruik as ‘n tipe sonde. Suurdeeg laat ‘n beslag opblaas of rys en net so die sonde. Ongesuurde brood is ‘n plat brood wat geen suurdeeg bevat nie, daarom stel dit die afwesigheid van sonde voor. Sewe is Yahweh se spesiale nommer wat volmaaktheid beteken. Die sewe dae van die Fees van ongesuurde brood herinner ons daaraan dat Yahweh van ons verwag om sonde uit ons lewe uit te skei.
Yahweh beveel ons spesifiek om ongesuurde brood tydens die fees te eet.
Eks 12:15 “Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.” Die Israeliete het nie net suurdeeg en kosse wat suurdeeg bevat uit hul huise verwyder nie, maar ook ongesuurde brood geëet tydens die Fees. Die eet van ongesuurde brood simboliseer die teenoorgestelde van sonde, namens aktiewe gehoorsaamheid aan Yahweh.
Eerstens neem ons die simbole van die Pasga op die aand gedeelte van die 14de Aviv, dan eers na sonsopkoms op die daglig gedeelte van die 14de word die suurdeeg uit die huis verwyder. Dit simboliseer dat ons eers die simbole moet neem van die liggaam en bloed van die Messias omdat ons nie deur ons eie krag sonde uit ons lewens kan verwyder nie. Deur die belydenis van sonde en die doop, verwyder die Messias se offer alle vorige sondes vanuit ons lewe. Paulus sê dat ons “stellig nie” moet voortgaan met sonde nie.
Rom 6:15-16 “Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?”
Die bevel aan die dissipels was soos volg: Rom 6:11-13 “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir Yahweh in Yahshua die Messias, ons Yahweh. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van Yahweh as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van Yahweh.”
Elkeen van ons sou die doodstraf ontvang het as gevolg van ons sondes, maar die Messias het Sy lewe vir ons gegee en daardeur die losprys vir ons betaal (Rom 6:23). Na belydenis en doop verwag Yahweh dat ons sal streef om Sy wet te gehoorsaam en ons van sonde los te maak. Yahweh wil nie hê dat ons in sonde moet voortleef nie want die Messias is nie die Gesant van sonde nie (Gal 2:17).
Paulus het die volgende gesê: “Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Kor 5:8). In Grieks is dit deur Paulus in die bevel vorm geskryf. 1 Kor 5:7 “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam (Pasga lam) is vir ons geslag, naamlik Messias.” Dis duidelik dat die gemeente van Yahweh in Korinte die Fees van ongesuurde brood waargeneem het, “soos julle inderdaad ongesuurd is”. Die apostel Paulus het aan die gemeentelede in Korinte verduidelik dat hulle die spirituele suurdeeg uit hul lewens moet haal net soos hulle die fisiese suurdeeg uit hul huise neem vir die fees. Hulle moes dus nie net die fees vier met ongesuurde brood nie, maar ook ‘n houding van opregtheid en eerlikheid.
Yahweh wil hê dat gelowiges die sonde van die wêreld moet los, daarom moet ons voortduring alles in ons vermoëns doen om sonde uit ons lewe te verwyder soos wat dit opduik. Heb 12:1 “Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,” Heb 12:4 “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.”
Indien ons lede van Yahweh se familie wil wees moet ons bewys dat ons Hom hier en nou gehoorsaam deur die strewe om die spirituele suurdeeg uit ons lewens te verwyder en uit te hou. Elke keer as ons die Fees van Ongesuurde Brood waarneem herinner dit ons, as nuweverbondsgelowiges, dat ons Yahweh se wette moet gehoorsaam. Dit is ‘n tyd vir simboliese vernuwing en om in harmonie te leef met Yahweh se wet, asook om jou lewe opnuut toe te wy aan ‘n spirituele groeiproses en die oorwinning van sonde.

Die Joodse Pasga en Nisan 14
Daar is mense wat die Pasga op die 15de Aviv waarneem volgens die tradisie van die moderne, Rabiniese Jode, in plaas daarvan om dit waar te neem volgens die Bybelse mandaat wat begin op die 14de Aviv.
Let wel, ‘n Bybelse dag begin sononder en eindig met sononder, met ander woorde, begin met die donker helfte en sluit af na die ligte helfte (Lev 23:32, Gen 1:5, 8, 13). Met dit in gedagte, behoort ons te verstaan dat Yahweh die Israeliete beveel het om die paaslam dood te maak en te eet op die 14de dag van Aviv (Eksodus 12). Hy het nie gesê dat hulle die lam in die middag moet slag, op die vuur moet rooster en met die sonsondergang eet wat dus die begin van die 15de sou wees nie – na die Pasga dag beëindig het.
Yahweh se bevel: Lev 23:5 “In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van Yahweh;” Lev 23:6 “en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.” Vanuit die Skrif is dit duidelik dat die Pasga op die 14de dag is en nie na die 14de nie. Die Jode het deur die eeue heen die eet van die lam dieselfde fees gemaak as die fees van die ongesuurde brood, maar hoe kan dit die fees van “ongesuurde brood” wees as dit die fees van die “lam” is? Die Jode verwar die twee feeste en maak asof dit een fees is. Dit is duidelik van Yahshua se voorbeeld van die “laaste Avondmaal” dat die oorspronklike en aanbevole tyd om die lam te slag vroeg aan die begin van die 14de was, soos wat Eksodus 12:6 dit stel, “teen die aand” – tussen sonsondergang en donker.
Yahshua het die Pasga met Sy dissipels gehou, vroeg die 14de
Luk 22:7-15 “En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die Pasga geslag moes word. Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die Pasga vir ons, dat ons dit kan eet. En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei? En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal ‘n man julle ontmoet wat ‘n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan. En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u—waar is die kamer waar Ek die Pasga met my dissipels kan eet? En hy sal julle ‘n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei. En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die Pasga berei.En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pasga met julle te eet voordat Ek ly.”
Vanuit die bogenoemde Skrif is dit duidelik dat die paaslam op die 14de doodgemaak word. Daar is twaalf ander verwysings wat dit ook die Pasga noem. Hoekom probeer die mens so hard om Yahweh te probeer uitoorlê deur die Pasga na die 15de te verander, soos die Joodse Rabbi’s dit verkeerdelik doen? Moet ons die Rabbi’s volg of die Skrif?
Op die 14de Aviv was die Pasga maal met die geslagte lam en dan laat op die 14de, wat oorgaan in die 15de dag was Die Nag van Yahweh om plegtig onderhou te word. Eks 12:42 “Dit is ‘n nag om plegtig onderhou te word tot eer van Yahweh, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van Yahweh om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.” Die nag om plegtig te onderhou was na die Pasga, nadat die Israeliete Egipte verlaat het.
Die Israeliete was beveel om nie hul huise te verlaat tot die volgende oggend nie (Eks 12:22). Die nag van die Pasga was ook ‘n aand van sterfte en rou, nie ‘n aand van feesviering nie. Die feesviering het eers die volgende aand plaasgevind toe almal by Raamses vergader het (8 myl van Goshen waar hulle gebly het) ten tyde van die sonsondergang van die 14de en die begin van ‘n nuwe dag op die 15de Aviv. Dit was ‘n aand van feesviering toe die Israeliete Egipte reeds verlaat het.
Die Jode het die 2 gebeure (slag van die Pasgalam / nag om plegtig te onderhou) in een fees saamgesmelt wat op die 15de begin. Duidelik is die mensgemaakte verandering teen Yahweh se woord. Die maaltyd waarvan daar gepraat word in Johannes wat die Jode bang was dat hulle nie kon eet indien hulle in die “Praetorium”, goewerneur se huis ingegaan het, was nie die ete van die Pasgalam nie maar wat hulle noem die 2de Haggidah, die nag om plegtig te onderhou. Indien dit die Pasgalam maaltyd was sou hulle slegs onrein wees tot daardie aand, weens hul toetrede tot die Praetorium, en sou hulle die Pasgalam maaltyd wel kon eet na die sonsondergang.
Yahshua het die Pasga met Sy dissipels gehou, vroeg op die 14de Aviv volgens Skrif (sononder) en was aan die boom gespyker op die daglig gedeelte van die 14de Aviv, daarna begrawe voor sononder wanneer die volgende dag begin, die 15de Aviv wat ‘n Heilige dag is. Joh 19:31 “En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was – want die dag van daardie sabbat was groot – het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.”
Yahshua was nie op die Vrydag “gekruisig” soos menigte mense aanneem nie, maar op die dag van voorbereiding vir die Heilige Dag van Ongesuurde Brood. Hou in gedagte dat die woord “Sabbat” gebruiklik verwys na die Heilige dae as sogenaamde Sabbatte. Lev 23:6-7 “en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Lev 23:7 Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.” Y
Yahshua, die Elohim van die Ou Testament, het vooraf geweet dat Hy die simbole van die Pasga na die brood en wyn sou verander. Net so het Hy geweet op watter dag en uur dit moes gebeur. Yahweh het aan die Israeliete opdrag gegee om die lam in die aand te slag, die bloed aan die deurkosyn te smeer, die vleis op die vuur te rooster, dit te eet en binnenshuis te bly tot sonsopkoms (Eks 12:6-8, 22). Hoekom? Omdat die eersgeborenes in die huise wat nie met bloed gemerk was nie daardie aand om middernag sou sterf. Yahshua Yahweh het daardie donker middernag van die 14de die huise verby gegaan. Vandaar die engelse naam “Passover” (Eks 12:12, 23, 29).
Lev 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van Yahweh; Indien die doodsengel (wat Yahweh verteenwoordig) middernag van die 15de oor Egipte beweeg het, sou die Pasga op die 15 en nie die 14de wees nie. Daar kan verwarring wees omdat ‘n dag twee donker gedeeltes het, aan die begin (sononder) en aan die einde (sononder), maar daar is slegs een middernag-uur in ‘n 24 uur dag. Daarom is dit vanuit die Skrif ‘n bewys dat die doodsengel om middernag oor Egipte verby gegaan het, die 14de.
Die simboliek van die Pasga is gevolglik dat ons lewens, net soos die begin gedeelte van die 14de, donker is met sonde. Dit wys ook dat ons lewens versinnebeeld word met ‘n middernagtelike donkerheid sonder die gees van Yahweh, maar dat die Heilige Gees net sal kom deur die bloed van Yahshua aan die kosyn van ons harte. Alleenlik na die aanvaarding van die bloed van die Seun van Yahweh vir die vergifnis van sonde kan die oggendlig van die volgende dag skyn en fees gevier word van die lewe met die vergifnis van sonde.
Indien die Israeliete die Pasgalam geslag en geëet het soos die Jode dit deesdae doen, sou hul eersgeborenes nie gespaar geword het nie, en net so sou ons sondes nie vergewe wees nie.

HEILIGE DAE NR.3: Die Fees van Eerstelinge / FIRST FRUITS / BIKKURIM
HEILIGE DAE NR.4: SHAVUOT / PENTECOST / PINKSTER
Yahweh se Heilige dae openbaar dat Yahshua die Messias is. Volgelinge van Yahshua wat die Heilige dae waarneem verstaan dat die Messias in elk van die Heilige dae onthul word.
Die volgende Heilige dae in Yahweh se Meester plan is Shavuot (Pinkster), ook genoem die Fees van Weke of Fees van Eerstelinge / First Fruits. Yahweh se instruksies in Lev 23:15-17,21 is soos volg: “Dan moet julle tel van die dag ná die Sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf (wave-offering) bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende Sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan Yahweh bring. Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan Yahweh. En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte”.
Eerstens moet daar duidelikheid verkry word van die uiters belangrike tydsberekening van hierdie Heilige Dag. Dit is die enigste Heilige Dag wat nie ‘n spesifieke datum op die Hebreeuse kalender gegee word nie. Ons word aangesê om 50 dae te tel met die beginpunt vanaf die dag na die weeklikse Sabbat gedurende Ongesuurde Brode. Die dag van hierdie offergawe was bekend as die dag van Eerstelinge / First Fruits. Die seremonie het Yahshua volkome uitgebeeld. Dit is hoekom Yahshua (op die eerste dag van die week na Sy opstanding) vir Maria Magdalena gesê het om Hom nie aan te raak nie, omdat Hy nog nie na die Vader in die Hemel opgevaar het vir aanvaarding as die Eersteling nie.
Joodse Rabbi’s van die laat eerste, vroeë tweede eeu het die korrelasie ook duidelik gesien, maar wou nie erkenning gee daarvan nie, daarom het hulle die Jode van die waarheid weggewys deur die aftelling na Shavuot te verander (as die Messias werklik gekom het, was hulle posisies as leiers nie meer nodig nie). In plaas daarvan dat die telling vanaf die dag na die weeklikse Sabbat gedoen word, begin hulle die aftelling direk na die eerste Heilige Dag vanwaar Ongesuurde Brode begin. Volgens Levitikus 23 is dit duidelik dat die Shavuot aftelling op die eerste dag van die week (Sondag) begin want sewe volledige Sabbatte later moet die Heilige dag val op die dag NA die sewende Sabbat. Dit kan net die eerste dag van die week wees, met ander woorde, ‘n Sondag.
‘n Offer aan Yahweh voor die lente oes.
Lev 23:9-14 “En Yahweh het met Moses gespreek en gesê: Lev 23:10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. Lev 23:11 En hy moet die gerf voor die aangesig van Yahweh beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg. Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, tot dat julle die offer van julle Elohim bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.”
Yahweh het Sy feeste ingestel in samewerking met die twee jaarlikse oeste in die land van Israel. Yahweh gebruik hierdie oeste simbolies vir die twee geestelike “oeste” van Sy Meester plan. Yahweh se voorneme met die lente feeste is om jaarliks aan Sy gemeente te illustreer dat Sy Geesverwekte kinders, die “eerstelinge” van verlossing (Jak 1:18), die relatief klein begin van Sy geestelike oes van die mensdom tot toetrede Die Heilige Familie YHWH is. Die lente oes het op die oggend van die eerste dag van die week tydens die Fees van Ongesuurde Brode begin. Die meel word die vorige aand van die nuut gesnyde graangerwe gemaal en aan die priester geneem wat dit deur die lug beweeg het vir aanvaarding deur Yahweh. Dit was bekend as die “graangerf offer / wave-sheaf offering” en verteenwoordig die eerste van die eerstelinge oes.
Sodra die graangerf geoffer was kon die oes begin. Die lente oes het uitgeloop op die tyd van die Fees van Eerstelinge wat plaasgevind het op die eerste dag van die week (Sondag), die 50ste dag van die oes seisoen wat begin het met die graangerf offer. (Die Nuwe Testament naam vir hierdie fees, Pentekost, beteken letterlik vyftigste [dag].) Mense het op hierdie jaarlikse Sabbat bymekaargekom om Yahweh te bedank vir die eerste opbrengs van die jaar se oeste wat Hy aan hulle gegee het.
Die verband tussen die graangerf en Yahshua die Messias Yahshua was die eerste wie uit die dood verwek was in die Yahweh familie. Hy is die eerste van die eerstelinge van Yahweh se geestelike oes. 1 Kor 15:20 “Maar nou, Messias is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” Kol 1:18 “En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.” Geesgebore gelowiges is duidelik die eerstelinge van Yahweh se groot Meester Plan. Jak 1:18 “Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.” Rom 8:23 “En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.”
Yahshua het nie direk na die opstanding na Sy Vader in die Hemel opgevaar nie.
Joh 20:17 “Yahshua sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na My Vader nie; maar gaan na My broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na My Vader en julle Vader, en My Elohim en julle Elohim.”
Dit was die eerste dag van die week (Sondag) gedurende die Fees van Ongesuurde Brode. Die einste oggend wat die graangerf aan Yahweh geoffer geword het, was Yahshua die Messias deur Sy Vader aanvaar as die geestelike “graangerf” offer in die hemel! Verstaan jy werklik wat Yahshua bedoel het toe Hy in Johannes 20:17 gesê het dat Hy na Sy Vader en ONS Vader gaan? Shavuot is so ‘n wonderlike Heilige Dag want dit bewys dat Yahshua die eerste van die eerstelinge is, maar ook dat ons as eerstelinge saam met Hom sal regeer. Dit is die geheim van die evangelie. Dat ons as konings, priesters, mede leiers en eerstelinge saam met Yahshua die Messias sal heers in sy perfekte regering. HalleluYah!
Rom 8:16 “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van Elohim is; Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van Elohim en mede erfgename van Messias, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”
1 Joh 3:1-2 “Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van Elohim genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is ons kinders van Elohim, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.”
Yahshua Messias vervul dus die simboliek van die Ou Testamentiese graangerf offergawe. Yahshua, Seun van Yahweh, was die eerste in die Yahweh familie wat uit die dood opgewek was – Hy was die eerste oes in Yahweh se Meester plan. Hy is die eersteling seun van Yahweh – die eerste mens om die proses van redding te voltooi en is “wedergebore”. Maar Yahshua kon nie die kaptein van ons verlossing en ons ouer broer word sonder dat Hy in besit was van ‘n allerbelangrike bestanddeel van Yahweh – iets wat ons almal moet hê as ons soos Hy, wedergebore wil wees. Yahshua kon nie die geestelike werke, insluitend gehoorsaamheid aan Yahweh, met menslike krag verrig nie. Joh 5:30 “Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie My wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.”
Waar het Hy die nodige krag vandaan gekry? Joh 14:10 “Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.” Die Vader het in Yahshua “gewoon” deur middel van die Ruag ha Kodesh (Die Heilige Gees). Sonder die Ruag ha Kodesh kon Hy nie die werk doen nie. Sodoende het die Messias dieselfde geestelike hulp aan Sy dissipels belowe. Joh 14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:”
Op watter dag het die dissipels Yahweh se Heilige Gees ontvang?

Hand 2:1-4 En toe die dag van die pinksterfees (Shavuot) aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Op die dag van Shavuot (Pinkster) was Ruag ha Kodesh aan sy dissipels gegee, net soos Yahshua belowe het. Dit was op hierdie dag dat Yahweh Sy Heilige Gees gestuur het om Sy gemeentelede te verwek en versterk as eerstelinge. Die Nuwe Testamentiese fees van Shavuot herdenk die stigting van die Nuwe Testament gemeente van Yahweh deur die ontvangs van die Heilige Gees. Shavuot, 30 AD, was die begin van Yahweh se geestelike oes van eerstelinge ter voorbereiding om in Yahweh se Heilige Familie ingeoes te word. Tradisioneel is dit ook van mening dat die Torah op die dag van Shavuot aan Moses en die Israeliete gegee was.
KORREKTE DATUMS, BEVESTIG DEUR SKRIF INLYN MET OU TESTAMENT PROFESIë DEURGETREK NA DIE NUWE TESTAMENT

Die Heilige dae, deur Yahweh ingestel, versinnebeeld Yahweh se Meesterplan vir die mensdom. Yahweh se seun, Yahshua die Messias, speel die sentrale rol in die Vader se plan vir die mens. Yahweh se plan word uitgebeeld in die sewe, jaarlikse feeste / heilige vierdae. Dit skets, stap-vir-stap, hoe Yahweh te werk gaan en elke heilige vierdag verteenwoordig ‘n groot gebeurtenis in Yahweh se plan, daarom is dit belangrik om hulle te verstaan en te heilig omdat ons inge-ent is in die Olyfboom en deel is van die Verbond wat Yahweh met Israel gesny het.
REVIVE, REPENT, RESTORE, ROAR
Shalom, Mattaniah


2 Comments
Andiswa Ngaki
Good Afternoon
I like your teachings very much but the problem is, I don’t understand Afrikaans.
I’ll appreciate if you can write everything in English because I’m not alone in this, there are also covenant believers who don’t understand. We don’t have anyone to interpret for us.
Thank you.
Mattaniah Lochner
Shalom my dear. Thank you for your message. In the future I will also post the English teaching. This one here that you are referring to, will be posted in English soon. May Yahweh bless you in abundance.