LEWENDIGE PAD

𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴𝗲 𝗣𝗮𝗱
Die nuwe pad wat jy gaan stap of reeds in stap, wat Yahweh vir jou voorberei het, gaan ‘n moeilike, uitdagende en soms ‘n alleen pad wees met tye. Maar ek wil jou bemoedig vandag en sê dat ten spite van jou vleeslike en geestelike uitdagings op hierdie journey, is dit die regte pad waarop jy is, die nou pad, die wen pad en ook die pad van oorwinning en beloning. Dit is die pad van guns en seën en die uitsig van ‘n ewige lewe saam met ons Koning, Yahshua en ons Almagtige Skepper, Yahweh. 

Ek praat uit ondervinding as ek die goed vir jou sê, ek staan beslis nie in die buitekring hiermee nie, glo my ek stap die pad ook en dit is nie altyd maklik nie. Jy gaan “gestrip” word van alles wat nie van Yahweh is nie, en dit is ‘n goeie ding –  die regte en beste ding wat met jou kan gebeur. Want dit was Yahweh se plan vir jou lewe van die begin af om op die regte pad te kom stap saam met Hom. Trust the process, Hy weet wat die beste vir jou is.

Emosioneel gaan dit soms vir jou oorweldigend wees, maar jy sal nooit bo jou kragte gemeet word nie. Moenie besluite neem as jy emosioneel oorweldig word nie want dan gaan jy uit die vlees operate. Vra dadelik vir Yahshua om jou kalm en rustig te maak.  Glo my, Hy sal en Hy wil jou vertroos en rustig maak. In daardie rustige en vertroostende posisie sal Hy vir jou wysheid, raad, liefde en hoop gee. Hy sal jou uit daardie oorweldigende posisie uitstyg, asof Hy jou wil oplig en sê: “Ek het jou, jy is veilig hier by My..”

In hierdie seisoen waar Yahshua die “skape van die skape” gaan skei, gaan Hy dieper as ooit tevore in jou werk.  Hy gaan skuiwe maak wat jou gaan verstom. Hy gaan vriende, verhoudige, en selfs familie vir ‘n seisoen uit jou lewe skuif wat jou gaan skok met tye. Hy sal selfs deure toemaak wat jy nie verwag het nie, maar die deure wat Hy wel sal oopmaak gaan jou asem wegslaan!

Ek stap nie die pad omdat ek weet daar guns en seën daarin is nie, ek stap hom want ek wil daardeur my Skepper, Abba Yahweh en Sy Seun, Yahshua eer met elke tree. Want dit is ‘n 𝑳𝒆𝒘𝒆𝒏𝒅𝒊𝒈𝒆 𝑷𝒂𝒅 waarop ons stap saam met hulle. Hand-aan-hand. Dit is nie net woorde op ‘n blad of skerm voor jou nie, dit is nie net woorde in die lug nie, hierdie is ‘n Goddelike Bybelse Leefstyl wat op ‘n Lewendige pad gestap word.

As Yahweh mense uit jou pad skuif, sonder dat jy beheer het, berus daarby. Want Hy weet wat agter jou rug gebeur en Hy weet wat goed is vir jou en die meeste van alles is, Hy weet wat voor jou lê. Niks is vir Hom ‘n verrassing nie, want alles sal gebeur soos Hy beplan het want Hy bly in beheer! Soos Hy mense uit jou lewe skuif, gaan Hy weer nuwe mense inskuif wat Hy spesifiek vir jou in daardie seisoen voorberei het. Hoe awesome is dit nie?

In hierdie skuif-proses, moet jy waak om te voel dat dit jou skuld is. In meeste van die gevalle sal dit nie jou skuld wees nie, so moenie skuldig voel omdat mense uit jou lewe geskuif word nie. As Yahweh hulle uitskuif, sal jy weet dit is Hy. Gaan hoor dan by Hom watter negatiewe soul ties het daardie persone in jou siel gelos en gaan hoor waarvan jy moet vry kom sodat Yahshua jou daarmee kan help. Skryf dan die name neer en die soul ties wat jy gekry het vir daardie persoon en gaan sit saam met Yahshua sodat Hy vir jou kan help daarmee. As jy begin met die proses, noem die persoon se naam hardop, noem dan die soul ties ook hardop, soos byvoorbeeld: “Yahweh ek staan voor U troon in die Almagtige Naam van Yahshua en bring ……….(naam van die persoon) voor U en as daar enige soul ties is wat ………(naam van die persoon) in my siel vasgemaak het van 1. (noem dan die soul ties soos jy dit gekry het) 2. 3. 4. Ens. Ek verwerp hierdie soul ties en verklaar dat dit geen inpak meer op my siel, my DNA en my bloedlyn het nie en dat dit geen autoriteit meer het binne my nie. Dankie Yahshua day U dit nou uit my siel verwyder en vernietig en brand. Ek vergewe en spreek vir ……(noem naam van die persoon) vry in die Naam van Yahshua. AMEN” en dan gaan jy oor na die volgende persoon.Vat jou tyd, al doen jy net een persoon ‘n dag, dan weet jy dat dit gedoen, uit en weg is.

As Frontrunner, Trailblazer, Profeet, Apostel, Herder, Teacher of Burning One, moet ons fokus in die tyd wees om goedkeuring by die Allerhoogste Een – YAHWEH – te kry en nie by mense nie. Stap hierdie pad saam met YAHWEH en laat toe dat Hy jou elke area in jou lewe wys wat nog aandag nodig het wat onder Sy wil moet inkom. Wees gehoorsaam, werk saam met Hom en stap hierdie Lewendige Pad saam met Hom omdat Hy jou so verskriklik baie lief het en wil hê jy moet in oorwinning stap in jou Koningklike erfenis wat Hy vir jou in stoor het. Net soos Paulus vir die dissipels gesê het in 1 Thessalonians 2:3-4: “For our comfort did not proceed from deception, nor from impurity, nor enticing speech: but even as we have been *approved by Elohim* to be entrusted with the good news, so we speak *not to please men, but to please Elohim*, the One trying our hearts.”

Kom ons stap met passie want ons is lewendige altare wat lewendige offers is, op ñ lewendige pad want ons dien die enigste Lewende God!

Shalom
Mattaniah

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *