𝑺𝑼𝑲𝑲𝑶𝑻

𝐂𝐡𝐚𝐠 𝐒𝐚𝐦𝐞𝐚𝐜𝐡

👑

Vanaand, 29 September 2023, met sonsondergang begin Sukkot. Die laaste van die 7 feeste van Yahweh.

SUKKOT – DIE LOOFHUTTE FEES EN DIE LAASTE GROOT DAG

Sukkot, ook bekend as Tabernakels of die Huttefees, is die laaste en finale jaarlikse Fees.
Die vasgestelde Fees van YAHWEH word vyf dae na die Dag van Versoening gevier.

Wayyiqra/Levitikus 23:33-43, “En YAHWEH het met Mosheh gepraat en gesê:
Spreek met die kinders van Yisraél en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die Huttefees (Sukkot) vir YAHWEH.
Op die eerste dag moet daar ‘n afgesonderde vierdag wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
Sewe dae lank moet julle aan YAHWEH ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n afgesonderde vierdag wees, en julle moet aan YAHWEH ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
Dit is die feestye van YAHWEH wat julle moet uitroep as afgesonderde vierdae om aan YAHWEH ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe; behalwe die Shabbatte van YAHWEH en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan YAHWEH gee.
Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van YAHWEH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van YAHWEH julle Elohim vrolik wees.
En julle moet dit as fees van YAHWEH sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yisraél gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yisraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mitsrayim (Egipte) uitgelei het. Ek is YAHWEH julle Elohim.”

Hieruit leer ons dat Sukkot begin op die 15de dag van die 7de maande van die Hebreeuse kalender. Dit duur vir sewe dae lank en dan is daar ‘n bonus dag genaamd die 8ste dag of Laaste Groot Dag. Beide die 1ste en die 8ste dag word geag as rusdae. So is hierdie ook die 7de jaarlikse mo’edim (vasgestelde tye), wat plaasvind vir 7 dae, in die 7de maand. 

Gedurende die sewe-dae periode word alle Yisraeliete die opdrag gegee om in hutte te woon, of tydelike skuilings.

Wayyiqra/Levitikus 23:42, “Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yisraél gebore is, moet in hutte woon.”

Somtyds verwar die noem van “almal wat in Yisrael gebore is” in die bogenoemde teksgedeelte mense, asof al die ander mo’edim vir almal is en Sukkot nét vir boorlinge van Yisrael is. Onthou, in die geloofswandel van Yahshua die Gesalfde Een is ons Yisraeliete, selfs al is ons huidiglik in verstrooïng.

Wayyiqra/Levitikus 23:40, “En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van YAHWEH julle Elohim vrolik wees.” 

Hierdie items word meestal vasgeheg aan ‘n sukkah (takskuiling), wat die enkelvouds is vir die Hebreeuse woord Sukkot. 
Tydens die viering van die fees, woon nie almal in ‘n sukkah vir sewe dae nie.  
‘n Sukkah het tipies geen dak nie en bied geen skuiling teen koue weer of reën nie. Terwyl ‘n sukkah baie goed werk vir ‘n droë en warm klimaat, maak baie volksgenote gebruik van tente of ander tydelike skuilings gedurende hierdie Fees. 
Deuteronomium se verslag van Sukkot noem spesifiek dat ons moet vrolik wees gedurende hierdie tyd. Elohim beveel ons letterlik om vrolik te wees!

Debarim/Deuteronomium 16:13-17, “Die Huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou. En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Lewiet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is. Sewe dae lank moet jy vir YAHWEH jou Elohim fees hou op die plek wat YAHWEH sal uitkies; want YAHWEH jou Elohim sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.
Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van YAHWEH jou Elohim verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die Fees van die Ongesuurde Brode en op die fees van die Weke en op die Huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van YAHWEH verskyn nie; elkeen volgens die gawe van sy hand volgens die seën van YAHWEH jou Elohiem wat Hy jou gegee het.”

Jy mag dalk ook opgelet het dat hierdie fees, net soos die ander twee feeste, aanvanklik moet plaasvind in Jerusalem, en dit behels die tempel, die plek waar YAHWEH Sy Naam geplaas het. Natuurlik bestaan daar vandag geen tempel nie, dus kan ons ook nie voor YAHWEH verskyn met gawes nie. As gevolg daarvan herdenk baie hierdie fees deur dit te onderhou so bes as wat hulle kan. Vader kyk steeds na die liefdevolle gewilligheid van die hart om Sy Instruksies na te volg. 
En natuurlik handel hierdie fees oor feesviering! Agt dae van vrolik wees en feesviering. In hierdie tyd in Jerusalem het die oestyd tot ‘n einde gekom. Hierdie fees is ‘n landbou fees, wat voordeel trek uit al die voedsel wat Elohim ons mee geseën het gedurende die oestyd.

Sukkot is meestal die gunsteling van al die feeste. Dit is ‘n tyd van gefokusde samesyn met YAHWEH en almal in die geloof, deur dit te vier met aanbidding, voedsel, en allerlei tradisies. Somtyds word Sukkot gehou in die agterplaas. Ander kere mag honderde gesinne Sukkot saam vier by een groot gebeurtenis. Hoe ookal jy dit vier, blyk dit altyd ‘n geseënde en vrolike tyd te wees.

DIE BETEKENIS VAN SUKKOT EN PROFESIE

Die eerste keer waar Sukkot genoem word in die Skrif word gevind in Genesis.

Bereshith/Genesis 33:17, “Maar Yaákov het na Sukkot weggetrek en vir hom ‘n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.”
Nadat hy 7 keer gebuig het in vers 3, en nadat hy Esau agtergelaat het in vers 17, het Jakob gearriveer by ‘n plek wat hy Sukkot genoem het. 
Een van die dinge wat YAHWEH noem as die doel van Sukkot, is om ons te herinner dat Yisrael in hutte gewoon het na die uittog uit Egipte. 

Wayyiqra/Levitikus 23:42-43, “Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yisraél gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yisraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mitsrayim (Egipte) uitgelei het. Ek is YAHWEH julle Elohim.”

Dit is interessant aangesien die eerste plek waar hulle gestop het se naam Sukkot was:

Shemoth/Eksodus 12:37, “En die kinders van Yisraél het van Raámses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders.”

Dus, wanneer ons in hutte woon vir Sukkot, word ons herinner aan die wildernis, waar YAHWEH Sy volk uit Egipte uitgelei het en hulle in tydelike takskuilings laat woon het in die wildernis. Sukkot word ook genoem deur die Mashiach Yahshua. 

Johannes 7:37-38, “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Yahshua gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Yahshua mag dalk meer begrip geskenk het van Jesaja 55. 

YeshaYahu/Jesaja 55:1-2, “o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.”

Hier vind ons iets baie interessant, spesifiek op die agste dag, waar Yahshua “lewende waters” noem. Dit gee aandag aan die Nuwe Jerusalem.  

ZekarYah/Sagaria 14:7-8, “En dit sal ‘n enige dag wees wat aan YAHWEH bekend is – geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. En in daardie dag sal daar lewende waters uit Yerushalayim uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.”

In die konteks van die Nuwe Jerusalem lees ons ook as volg: 

Openbaring 22:1-2, “En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van Elohim en van die Lam.
In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.”

Baie glo die Nuwe Jerusalem sal arriveer na Yahshua se 1000 jaar heerskappy op aarde. In die verhaal van die Skepping is daar 6 dae, en die 7de dag is ‘n rusdag. Daar is ‘n Skriftuurlike beginsel wat die dae van die Skepping gebruik, elke dag as ‘n 1000 jaar. Volgens hierdie beginsel beteken dit dat daar 6000 jaar van die adamiet (mens) sal wees, en dan op die 7de dag arriveer Yahshua en ons rus en regeer saam met Hom vir 1000 jaar, of een dag, spesifiek die Sabbat dag. Na die 7de dag, tegnies die 8ste dag, arriveer die Nuwe Jerusalem. Dit beteken dat dit heel waarskynlik nie ‘n toeval was dat Yahshua die “lewende waters” genoem het op die 8ste dag van Sukkot nie, aangesien ons aangebied word met die “lewende waters” van die Nuwe Jerusalem op die 8ste dag. 
Dit is waarom die fees van Sukkot die sewe dae saam groepeer, en dan ‘n ander noem, naamlik die 8ste dag. 
Boonop arriveer die Nuwe Jerusalem nadat die ou Arde en Hemel verby gegaan het en ons aangebied word met ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde. Dus herinner Sukkot ons ook dat hierdie lewe en hierdie Aarde tydelik is.

2 Korinthiërs 5:1, “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van Elohim, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.”

Daar moet ook gelet word dat alle oeste teen hierdie tyd volbring was, naamlik die gars oes, die koring oes, en die druiwe oes. Dit is die doel van Sukkot, om fees te vier op die voltooide oes. Daar is ook ‘n profetiese implikasie om hier in ag te neem.
Yahshua was na verwys as die Eersteling van die oes, wat die gars oes behels. 

1 Korinthiërs 15:20, “Maar nou, die Gesalfde Een (Mashiach) is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.”

Daar is ook die koring oes:  
Mattheus 13:24-30, “‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.”

Mattheus 13:36-43, “Nadat Hy die skare weggestuur het, het Yahshua huis toe gegaan; en Sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van Adam, en die saailand is die wêreld. Die goeie saad – dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die boodskappers.
Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van Adam sal Sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit Sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat (Torahloosheid) wetteloosheid bedryf, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.”

Die druiwe oes is die rebelse mense:  
Openbaring 14:17-20, “En ‘n ander boodskapper het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad; en ‘n ander boodskapper wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
En die boodskapper het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van Elohim.
En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.”

Sukkot volg die voltooiing van alle oeste, en is ook ‘n fees van die oeste of fees van insameling. Dit word meestal ook voorgestel dat Sukkot die tyd van die Bruilofsmaal van die Lam mag wees. 

Openbaring 19:6-10, “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: HalleluYah! want YAHWEH Elohim, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy vrou het haar gereed gemaak.
En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die afgesonderdes.
Toe sê hy vir my: Skryf: geseënd is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van Elohim.
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broers wat die getuienis van Yahshua het. Aanbid Elohim. Want die getuienis van Yahshua is die gees van die profesie.”

Die rede waarom daar gespekuleer word dat die Bruilofsmaal van die Lam op Sukkot mag wees, is omdat al die oeste voltooi was en dit is ook die laaste en finale fees.  
‘n Ander interessante verbintenis word gevind in die tydlyn van die eerste tempel se inwyding. Die tempel was toegewy op die 8ste dag van Sukkot. 

2 Dibre haYamim/Kronieke 7:8-10, “So het Shelomoh dan in daardie tyd die fees gehou, sewe dae lank, en die hele Yisraél saam met hom, ‘n baie groot vergadering, van die ingang na Gamat tot by die spruit van Mitsrayim.
En op die agtste dag het hulle ‘n feestyd gehou, want die inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die fees sewe dae lank.
En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat YAHWEH aan Dawid en aan Shelomoh en aan sy volk Yisraél gedoen het.”

Eweneens lyk dit soortgelyk aan die Nuwe Jerusalem waarin die tempel YAHWEH Elohim die Almagtige en die Lam is.

Openbaring 21:22, “En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want YAHWEH Elohim, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.”

Daardie is eenvoudig profetiese hoogtepunte verwant aan Sukkot. Daar bestaan ure van profetiese diepte in die konteks van Sukkot, maar dit word gelaat vir ‘n ander tyd en geleentheid. 
Een laaste ding om op te let, is nadat die Groot Verdrukking geëindig het, en die Antimashiach is verslaan, en ons betree die 1000 jaar Vrederyk met Yahshua die Mashiach, sal al die oorblywende nasies jaarliks Sukkot vier.

ZekarYah/Sagaria 14:16, “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Yerushalayiem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, YAHWEH van die leërskare, en om die Huttefees te vier.”

Ten slotte bewys dit twee belangrike punte: 
1) Die afgesonderde dae en vasgestelde tye (mo’edim) wat gevind word in Levitikus 23 is nie mee weggedoen soos wat die hoofstroom Christendom graag verkeerdelik leer nie.
2) Dit is nie alleenlik fisiese boorlinge van Yisrael wat Sukkot moet onderhou nie, maar elke Yisraeliet in verstrooiing.

Indien jy nog nie alreeds Sukkot gevier het nie, neem in ag en verstaan dat YAHWEH aan ons hierdie spesiale dae vir ‘n rede geskenk het, om ons te leer van ons Verlosser, om tyd in aanbidding tot Elohim te spanderr, om weg te breek van die alledaagse gejaagde lewe in die wêreld en om kwaliteit tyd met ons gesin en mede-gelowiges in die Weg van Waarheid te spandeer.

HalleluYAH!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *