HANUKKAH 2022

ANUKKAH 2022

WAAR PAS YESHUA IN HANUKKAH EN HOEKOM VIER EK MY 1’st HANUKKAH DIE JAAR?

Ek het reeds op my blog ‘n artikel geskryf oor Hanukkah, wanneer dit gebeur het en hoe dit ontstaan het. Indien jy meer oor die fees wil uitvind wat begin op 18 Desember 2022 en eindig op 26 Desember 2022, besoek gerus my blog webtuiste by www.mattaniahministries.co.za onder EVENTS / BIBLICAL FEASTS.

SHAMASH (Servant)

Met die fees van Hanukkah (Feast of Dedication) word daar oor die tydperk van 8 dae, elke dag ‘n kers aangesteek op die Hanukkah Menorah wat genoem word “Hanukkiah”. Hy het 9 stele, waar die gewone Menorah 7 stele het.  Die middelste steel (wat hoër is as die ander stele) van die Hanukkah Menorah word die Shamash genoem wat “servant” beteken. Hy brand eerste en word eerste aangesteek om die eerste dag van die Hanukkah, wat Sondagaand 18 Desember is. Met hom word daar dan elke aand ‘n ekstra kers ekstra aangesteek, daarna.
Yeshua het vlees geword om ons Shamash te wees. Hy het gekom om ons te dien en om Sy lig te kom aansteek in elkeen van ons se lewens. Sonder Sy VUUR kan ons nie brand nie. Daarom is dit dan ook vir Yeshua, die Shemash, wat ons gebruik om ook vir ander te vertel dat Hy die ewige en enigste ware LIG is. Hy laat Sy lig deur ons skyn en ons skyn dan weer vir Hom. Sonder Sy Lig en Vlam, het ons geen lig nie en is ons dood en leweloos.
Yeshua is ook DIE Rede hoekom ek hierdie jaar vir die eerste keer die Hanukkah gaan vier saam met duisende ander gelowiges. Hy is my Lig en sonder Hom is ek niks. Hy wat die Seun van God is, het vlees geword en onder ons kom woon om ons te kom dien, as Hoof Dienaar en as Offer om vir ons Sy lewe te kom neerlê as mens, sodat ons Sy voorbeeld kan volg. Ons is geskape om Hom te aanbid en Hom te dien en ons eie lewe af te lê vir SY doel, vir SY perspektief en vir SY roeping in ons lewens.

DIE WONDERWERK VAN HANUKKAH SE OLIE

Hierdie jaar tydens die 1’ste Burning One konferensie, 22 April 2022 in McGregor, het ons ook ‘n wonderwerk beleef oor olie. Ek het my langnek-glasvles saamgevat met olie wat ek destyds gemeng het met Frankincense, Mirre en Spikenard. Ons het 120 mense gesalf en ek het op ‘n stadium van die olie op ‘n vrou se kop uitgegooi.  Die aand voor almal weer sou inkom vir die volgende sessie het een van die usher spanne al die stoele gesalf met dieselfde olie. Die volgende oggend toe ek verwys na die olie wat ek saam gebring het, besef ons eers die glasvles se olie het niks gesak nie, sy inhoud was presies dieselfde. 
Presies wat met Hanukkah se olie gebeur het. Dit het nie minder geword nie en vir 8 dae gebrand. Ek ervaar dat ons in ‘n seisoen gaan inbeweeg van supernatural miracles, net soos hierdie olie. Daar was ‘n tyd toe daar wel supernatural wonderwerke gebeur het, maar dit het “uitgesterf” en daaroor kan ek ook ‘n boek skryf oor hoe dit gebeur het. In die Bybel kan ons menigde verse aanhaal oor die waardevolle betekenis wat olie gehad het. Die mooiste ene vir my is seker in Psalm 23: “You anointed my head with oil.”

Is die gebruik van salwingsolie Ou Testamenties?  Beslis nie. Yeshua moedig sy volgers aan in die Nuwe Testament om hulself te salf voor hulle begin vas in Matt 6:17, en om olie te gebruik wanneer hulle vir siekes bid in Mark 6:13. As Yeshua hulle dus aangemoedig het om dit te gebruik, waarom kan ons nie ook nou nog dit gebruik nie?

Salwingsolie simboliseer ook die teenwoordigheid van Heilige Gees. En wanneer raak Heilige Gees op? Nooit. So het die olie van die Burning One bottel en die Hanukkah olie ook nie ophou brand nie, wat ‘n heenwyse of “skadu” van Heilige Gees is.

MY DEDICATION

Met Hanukkah se 8 dae feesvieringe gaan ek dan ook in ‘n tydperk van “Dedication” in om my voor te berei vir 2023 en dit wat God wil hê ek vir Hom moet doen. Ek wil myself sovêr mens moontlik toewy tot God, tot Sy perspektief en wat inlyn is met Sy wil en NET Sy wil in my lewe. Om toegewyd te wees aan die waarheid en Sy Woord en niks anders as Sy woord nie.  Om ‘n standpunt in te neem van “ENOUGH IS ENOUGH” en dat ek nie meer gaan buig voor die vyand se verdraaide waarhede en leeuns nie.
“I will not be part of this world and his pagan believes anymore. I will be dedicated to God’s commandments and stand firmly on my Rock, Yeshua, Son of God, and will be a set apart people who will move when He say I must move and stand if He say I must stand. I will drink from the Living Water out of His hands and wash myself with His Truth through His Scriptures. I am done pleasing people; I will walk in the love of Yeshua and be part of the Maccabees army in this last hour, saying: ENOUGH IS ENOUGH!”

Die tyd het aangebreek waar die skape van die skape geskei gaan word en die Herder weet wie is sy ware skape. Kom ons maak klaar met kerk-kerk speel en fokus op die waarheid en wat God se perspektief is oor alles, om Hom te eer. My gebed is dat jy jouself sal oopmaak vir die nuwe, klaar sal maak met die die wêreldse perspektief van dinge, en God se perspektief sal aanneem en ook in die “Dedicated Maccabees spirit” sal stap en sê: “ENOUGH IS ENOUGH!”

Vra vir God om vir jou Sy vergrootglas te gee en dinge uit te wys waarmee jy moet klaarmaak en afhandel en agter jou moet kry. Die uurglas loop uit, ons is op geleende tyd.

Geseënde Hanukkah vir elkeen.

Mattaniah

One Comment

  • Rozann de Lange

    Dankie vir die verduideliking van die betekenis van fees van ligte. Ek stel belang om verder te leer. Het met my skoonmaak proses begin in 2021 Februarie en is nou daar waar ek graag dieper wil gaan met my verhouding met God. Waar ek hoort hoe kan ek dien ens. Ek het gelees van die McGregor kamp iewers vroeg volgende jaar 2023 maar het nie detail gestoor nie en kry dit nou nêrens. Ek wil graag dit ook bywoon asb. Ek gaan na die konferensie maart in Belville.
    Hoop om spoedig van julle te hoor.
    Rozann de Lange
    Villiersdorp
    Weskaap

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *