ROAR OF FIRE ISRAEL TOER 2023

🇮🇱

26 November – 3 Desember 2023

Kom reis 8 dae saam met Mattaniah Lochner van Mattaniah Ministries en Wagters Op Die Mure Israel Bediening & Toere na Israel vir n diep geestelike ervaring waar jy Abba Vader se Hartklop vir Israel sal hoor klop!!

Daar is net plek vir 29 persone op die toer, so bespreek so gou as moontlik jou plek!

In samewerking met Menorah Toeragentskap bied ons puik goed ge-organiseerde toere en uitstekende diens aan.

Ons luister fyn na die Heilige Gees se leiding met elke tree en asemteug soos ons deur Israel beweeg en bied ons toere met profetiese aksies aan soos die Gees ons lei. Ons blaas ons shofars as Wagters in hierdie eindtyd oor Israel in die geestesrealm, ons Prys en Worship en dans voor ons Vader se Aangesig (bring jou worship flags en shofar ook saam).

Ons is beslis nie die gewone Israel Toere nie, ons is uniek en bied jou ook leersame inligting oor die Joodse agtergrond van ons geloof want ons Messias was n Jood op aarde. Hy kom weer terug as die Leeu van Juda met Sy Roar of Fire!! Hallelujah

DAG 1
Sondag
26 November 2023
Slaap oor in Betlehem

DAG 2
Maandag
27 November 2023
BETLEHEM
Jakob Put/Silo/Bo-vertrek/St Peters/Herdersvelde/Three Arches
Na ontbyt en ‘n heerlike nagrus, reis per luukse toerbus na Jakob se Put in Samaria waar ons water uit die oorspronklike put kan proe – Lewende Water – Yeshua (Joh 4). Ons besoek Silo waar die ark van die verbond gestaan het. Ons reis terug na Jerusalem en besoek dan die bovertrek waar ons meer leer van die Heilige Gees uitstorting en die verband van Berg Sinai na Berg Sion. Dan volg St Peters (Kajafas huis) waar ons die gat ervaar waar Jesus/Yeshua die nag aangehou is. Ons reis terug na Betlehem en besoek die herdersvelde asook ‘n Olyfhoutwinkel voordat ons oornag in Betlehem.

DAG 3
Dinsdag
28 November 2023
JERUSALEM
Olyfberg/Dominus Flevit/Getsemane/Kidron/GouePoort/Lithostratos/Westelike Muur
Ons reis na Jerusalem en besoek die Olyfberg waar ons uitkyk oor Jerusalem stad en die Tempelberg en Woord proklamasies gaan doen asook ons shofars gaan blaas. Ons stap met die Palm Sondag weg, na Dominus Flevit. Ons besoek en bid by Getsémané. Ons stap veder en besoek ook die Kidron vallei & geslote Goue Poort. Ons stap met die Via dolorosa na Lithostratos (plaveisel) waar ons kosbare tyd in Sy Teenwoordigheid gaan spandeer op hierdie plaveisel en Sy Aangesig gaan soek. Ons sluit af en maak ‘n draai by die Westelike Muur waar gebedsbriefies van familie en vriende gelos kan word. Oornag Jerusalem. Na aandete kan die wat wil saam ons Ben Yehuda straat gaan besoek.

DAG 4
Woensdag
29 November 2023
JERUSALEM
Tuingraf & Golgotha/Ou Stad Mure/Goue Menorah/Kardo/ Inkopies in Ou Stad/Shuk
Vandag begin ons met n nagmaaldiens by die Tuingraf en aanskou Golgotha. Ons gaan na Jaffa Poort en stap as Wagters op die Mure van Jerusalem en vervul so Jesaja 62:6-7 (blaas ons shofars op die mure en doen gebeds-deklarasies oor Jerusalem en Israel). Ons sien die Goue Menorah in die Joodse kwartiere asook die Kardo. Die res van die middag het ons vry vir inkopies in die ou stad. Na aandete besoek ons die Joodse Mark.

DAG 5
Donderdag
30 November 2023
DOOIE SEE
Dooie See Level/Betabara/Jerigo/Qumran/Dooie See
Ons reis vandag veder na die Dooie See area en stop vlugtig vir foto’s by die Dooie See vlak langs die pad. Ons besoek dan Betabara (Joh. 1:28), oorspronklike plek waar Jesus/Yeshua gedoop was vir ʼn spesiale doopdiens wat jy nooit sal vergeet nie. Daarna besoek ons Jerigo, oudste stad ter wereld. Ons maak ‘n draai by Qumran vir ‘n opsionele middagete, en dryf later heerlik in die Dooie see. Ons reis dan veder deur die Jordaanvallei na die See van Galilea. Oornag in Tiberais langs die See van Galilea.

DAG 6
Vrydag
1 Desember 2023
SEE VAN GALILEA
Magdala/Berg Predikasie/Mensa Christi & Tabga/Kapernaum/Bootvaart
Ons begin by Magdala waar ons aan Jesus/Yeshua se Soom gaan raak en kosbare tyd in Sy Teenwoordigheid gaan spandeer. Ons besoek die Berg Predikasie wat teen die Galilea meer gelee is en waar ons seeninge gaan uitspreek. Daarna maak ons ‘n draai by Tabga asook by Mensa Kristi wat teen die See van Galilea geleë is en ons 3 verklarings gaan doen. Ons reis na Kapernaum met sy opgegrawe sinagoge van Jesus se tyd. Teen laatmiddag neem ons ʼn bootvaart op die See van Galilea waar ons heerlik gaan lofprys, dans en ons Koning gaan aanbid. Bring jou “worship flags” & Shofars! Oornag Tiberias langs die See van Galilea.

DAG 7
Saterdag
2 Desember 2023
Kana Kerk/Nasaret Village/Mount Precipice/Berg Karmel/Caesarea Akwaduks
Na ontbyt verlaat ons die hotel en besoek Kana kerk waar Jesus ‘n wonderwerk gedoen het op ‘n bruilofsfees met die kanne van water en wyn. Hierna reis ons na Nasaret,waar ons Messias Jesus/Yeshua grootgeword het en besoek die Nasaret Village wat jou terugneem in tyd na Jesus se era. Ons besoek Mount Precipice waar die krans is en waar Jesus/Yeshua amper van die krans gegooi is. Hier is ‘n pragtige uitsig oor die Jisreel vallei (hierdie vallei is ook bekend as die Megiddo vallei wat ‘n groot rol in die eindtyd gaan speel nl. Armageddon) en waar ons ook ons shofars weer gaan blaas. Ons reis dan veder na Berg Karmel wat ook uitkyk oor die Jisreël vallei en waar ‘n ondergrondse militêre basis “Ramat David Airforce Base” geleë is. Indien tyd toelaat reis ons na die Caesarea Akwaduks langs die Middelandse See voordat ons na die lughawe geneem word vir ons terugvlug huiswaarts

DAG 8
Sondag
3 Desember
Aankoms in Johannesburg om is vroegoggend na ʼn onvergeetlike reis en ʼn groter geestelike vriendekring. Sien jou weer volgende jaar in Jerusalem!

ℝ𝕆𝔸ℝ 𝕆𝔽 𝔽𝕀ℝ𝔼

🇮🇱

 Stuur ‘n Epos na wagtersopdiemure@gmail.com OF info@mattaniahminitries.co.za
en ons stuur vir jou al die informasie.

👉

26 Nov – 3 Des 2023
8 Dag Profetiese Israel Toer saam Mattaniah Ministries – Roar of Fire!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *